YouVersion Logo
Search Icon

Romeine 3

3
God doen wat Hy belowe het
1Is dit belangrik dat iemand 'n Jood is of dat hy besny is? 2Ja, dit is baie belangrik. Die belangrikste is dat God met die Jode gepraat het en dat Hy sy woorde vir hulle gegee het.
3Maar party van die Jode doen nie wat hulle belowe het nie, hulle dien nie vir God nie. Sal God nou ook nie doen wat Hy vir die Jode belowe het nie? 4Nee, nooit nie! God doen altyd wat Hy belowe. Dit is mense wat nie doen wat hulle sê nie. Daarom is daar in die Ou Testament geskryf:
O God, wanneer U iets sê,
dan is dit reg.
Mense wat probeer om vir U
te beskuldig, verloor altyd.
5Party mense sê dat wanneer ons verkeerde dinge doen, dan kan 'n mens beter sien dat God altyd reg doen. Moet ons dan sê God is verkeerd wanneer Hy ons straf? 6Nee, nooit nie! As dit wat hulle sê, reg is, dan mag God nooit sê mense is verkeerd nie en dan mag Hy hulle nie straf nie. 7Party mense sê dat wanneer ons leuens vertel, dan kan ander mense beter sien dat God altyd reg doen en dan kan hulle Hom prys. Hulle sê daarom mag God nie sê ons is sondaars nie en daarom mag Hy ons nie straf nie. Maar daardie mense is verkeerd! 8Daar is mense wat verkeerd van ons praat. Hulle sê ons sê dat ons slegte dinge moet doen sodat daar goeie dinge met ons kan gebeur. Maar hulle praat nie die waarheid nie. God moet hulle straf, en Hy sal dit doen.
Almal is vol sonde
9Mag ons sê dat ons onskuldig is en dat ons nie sonde doen nie? Nee, nooit nie! Ek het in die begin van hierdie brief gesê dat almal skuldig is. Ek het gesê almal is vol sonde, die Jode én die mense wat nie Jode is nie. 10In die Ou Testament is daar geskryf:
Niemand doen reg nie,
nie een nie.
11 Niemand is verstandig nie,
niemand vra wat God wil hê nie.
12Niemand doen wat God
wil hê nie,
almal doen verkeerde dinge,
nie een mens doen goed nie,
niemand nie.
13 Hulle sê dinge wat baie sleg is,
hulle praat en dan bedrieg hulle
ander mense,
hulle woorde is so sleg
soos die gif van slange.
14 Hulle hou daarvan
om mense te vervloek
en om slegte dinge te sê.
15 Hulle hou daarvan om mense
dood te maak.
16Hulle breek alles en hulle maak
mense baie seer.
17Hulle hou nie van vrede nie.
18 Hulle respekteer nie vir God nie.
19Ons weet dat almal wat God se wette ken, moet doen wat die wette sê. Daarom kan niemand sê hy is onskuldig nie. Ja, God moet al die mense in die wêreld straf, 20want Hy sal niemand vryspreek omdat hy doen wat die wette sê nie. Die wette wys vir ons wat sonde is, die wette wys niks meer nie.
God spreek mense vry omdat hulle in Christus glo
21Maar nou het God vir ons kom wys dat Hy mense vryspreek, maar nie omdat hulle doen wat die wette sê nie. Ons lees daarvan in die Wette van Moses en in die boeke van die profete. 22God spreek mense vry omdat hulle in Jesus Christus glo. Ja, God spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie. 23Want al die mense het sonde gedoen en hulle lewe nie soos God, die Koning, wil hê hulle moet lewe nie, 24maar God spreek hulle vry omdat Hy baie goed is vir hulle, omdat Christus Jesus hulle vrygemaak het. 25God het vir Christus laat sterf. Dit is die offer waarmee God die sonde versoen van die mense wat in Christus glo. So het God gewys dat Hy altyd doen wat reg is. Die mense het sonde gedoen in die tyd voordat Christus gekom het, maar God het hulle nie gestraf nie. 26Hy het die mense nie gou gestraf nie, Hy het gewag tot nou toe om te wys dat Hy mense vryspreek. So wys Hy dat Hy altyd doen wat reg is, Hy wat elke mens vryspreek wat in Jesus glo.
27Mense mag nie trots wees op hulleself en spog omdat hulle doen wat die wette sê nie, want God spreek hulle nie daaroor vry nie. Hy spreek hulle vry omdat hulle glo. 28Ja, ons weet God spreek mense vry omdat hulle glo, nie omdat hulle doen wat die wette sê nie. 29God is nie net die God van die Jode nie, Hy is ook die God van die heidene. 30Daar is net een God. Hy sal die mense wat besny is, vryspreek omdat hulle glo, en Hy sal die mense wat nie besny is nie, ook vryspreek omdat hulle glo. 31Ons sê mense moet glo in Christus. Daarom sê party mense ons sê God se wette beteken niks. Dit is nie waar nie! Nooit nie! God se wette is vir ons belangrik.

Currently Selected:

Romeine 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy