YouVersion Logo
Search Icon

Openbaring 1

1
Hierdie boek is baie belangrik
1In hierdie boek is die dinge geskryf wat gou moet gebeur. God het vir Jesus Christus gesê Hy moet hierdie dinge vir al sy dienaars sê en wys. Jesus Christus het sy engel na sy dienaar Johannes gestuur om hierdie dinge vir Johannes te sê en te wys. 2Johannes het alles neergeskryf wat God en Jesus Christus vir hom gesê en gewys het.
3In hierdie boek is die dinge geskryf wat later sal gebeur. Elkeen wat hierdie boek lees, is 'n gelukkige mens! En almal wat die dinge hoor en wat doen wat in hierdie boek geskryf is, is gelukkige mense! Want die tyd wanneer Christus weer kom, is naby!
Die begin van die brief
4Ek, Johannes, skryf hierdie brief vir die sewe gemeentes in Asië.
Ek groet julle en ek bid dat God en die Sewe Geeste wat voor sy troon is en Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle sy vrede sal gee. God was altyd daar, Hy is nou daar en Hy sal weer kom. 5En Jesus Christus is die Getuie, Hy doen altyd wat Hy sê, Hy is die Eerste Een wat dood was en wat weer lewe, Hy regeer oor die konings van die aarde.
Jesus Christus is lief vir ons. Hy het gesterf en Hy het ons gered van ons sonde. 6Hy het gesê God, sy Vader, regeer oor ons, ons is soos die priesters wat vir God werk. Daarom sal ons altyd vir Jesus Christus prys, Hy wat oor alles regeer! Amen.
Jesus Christus kom weer
7Kyk, Jesus Christus sal weer
kom op die wolke,
al die mense sal Hom sien,
ook die mense wat Hom
gesteek het met 'n spies.
Al die volke op die aarde sal huil
en treur wanneer Hy kom.
Dit is seker. Amen.
8Die Here God sê: “Ek is die Alfa en die Omega.” Ja, God was altyd daar, Hy is nou daar en Hy sal weer kom. Hy is die Almagtige!
Johannes het vir Jesus Christus gesien
9Ek, Johannes, is 'n gelowige soos julle. Ek en julle kry saam swaar, God regeer oor ons almal, en ons is geduldig, soos Jesus geduldig was. Ek was 'n gevangene op die eiland Patmos omdat ek vir mense vertel het wat God en Jesus gesê het. 10 Die Gees het op die dag van die Here in my gekom, en ek het gehoor Iemand praat hard agter my, so hard soos 'n trompet. 11Hy het gesê: “Ek sal vir jou dinge wys, en jy moet al daardie dinge in 'n boek skryf. Dan moet jy die boek vir die sewe gemeentes stuur, vir die gemeentes in die stede Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.”
12Ek het omgedraai om te sien wie praat met my. Toe ek omdraai, sien ek sewe goue lampe. 13Ek het gesien tussen die lampe is daar Iemand wat soos die Seun van die mens gelyk het. Hy het 'n lang bo-kleed gedra, en om sy bors was daar 'n goue belt. 14Sy kop en sy hare was so wit soos wol, so wit soos sneeu. Sy oë was soos 'n vuurvlam. 15Sy voete was soos blink koper wat in 'n oond gesmelt het. Sy stem was soos wanneer baie water raas. 16In sy regter-hand het Hy sewe sterre vasgehou. Daar het 'n swaard uit sy mond gekom, die swaard was baie skerp. Sy gesig het geblink soos wanneer die son baie helder skyn.
17Toe ek Hom sien, het ek op die grond voor sy voete geval, ek het daar gelê soos iemand wat dood is. Maar Hy het sy regter-hand op my gesit en vir my gesê: “Jy moenie bang wees nie, want Ek is die Eerste en die Laaste, 18Ek lewe altyd. Ek het gesterf, maar nou lewe Ek! Ja, Ek lewe altyd. Ek het die sleutels om die plek oop te sluit waar die mense is wat gesterf het, Ek kan die mense in die doderyk weer laat lewe. 19Daarom moet jy die dinge neerskryf wat jy gesien het, die dinge wat nou gebeur en die dinge wat later sal gebeur. 20Jy het sewe sterre in my regter-hand gesien en sewe lampe. Die sewe lampe beteken sewe gemeentes. Die sewe sterre beteken die sewe engele van die gemeentes.”

Currently Selected:

Openbaring 1: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy