YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 94

94
Die Here gooi nie sy volk weg nie
1Here, God wat mense straf
oor wat hulle gedoen het,
God wat mense straf, U moet kom.
2 Regter van die mense op die aarde,
U moet begin,
U moet die hoogmoedige mense straf
oor wat hulle gedoen het.
3Here, hoe lank sal die mense wat verkeerd doen,
juig oor wat met ander mense gebeur?
Hoe lank sal hulle aanhou om dit te doen?
4Hoe lank sal al die mense wat slegte dinge doen,
aanhou spog?
5Here, hulle laat u volk swaarkry,
hulle verdruk die mense wat aan U behoort.
6Hulle vermoor weduwees en vreemdelinge,
hulle maak weeskinders dood,
7en dan sê hulle: “Die Here sien dit nie,
die God van Jakob weet nie dat dit gebeur nie.”
8Dom mense van my volk, julle is dwase,
julle moet verstaan.
Wanneer sal julle verstandig word?
9Die Here het vir ons ore gegee.
Dink julle dat Hy nie self ook kan hoor nie?
Hy het vir ons oë gegee.
Dink julle dat Hy nie self ook kan sien nie?
10Hy straf die ander volke.
Dink julle dat Hy nie ook vir julle sal straf nie?
Dit is Hy wat vir mense leer wat hulle moet weet.
Dink julle dat Hy self niks weet nie?
11Die Here weet wat 'n mens dink,
Hy weet dit beteken niks.
12Dit gaan goed met iemand wanneer die Here
vir hom leer wat hy moet doen,
wanneer U vir hom leer wat U wil hê.
13U laat hom vry wegkom wanneer dit sleg gaan,
maar U maak 'n graf gereed
vir die mense wat verkeerd doen.
14Want die Here gooi nie sy volk weg nie,
Hy los nie die mense wat aan Hom behoort nie.
15Die mense wat moet oordeel,
sal weer reg oordeel,
en al die eerlike mense sal sê dit is goed.
16Niemand het vir my gehelp veg
teen die slegte mense nie,
niemand het my gehelp
teen die mense wat slegte dinge doen nie.
17As die Here nie vir my gehelp het nie,
dan was ek lank gelede dood.
18Ek het gedink my voete gly,
maar U het gedoen wat U belowe het,
U het my regop gehou.
19Ek was baie bekommerd,
maar U het dinge vir my verander
en U het my bly laat word.
20U kan nie 'n vriend wees van slegte regters nie,
mense wat ongehoorsaam is aan u wette,
en wat ander mense laat swaarkry.
21Hulle maak saam planne
teen mense wat reg doen,
hulle sê onskuldige mense is skuldig.
22Maar die Here het my beskerm.
My God is die Rots by wie ek veilig is.
23Hy sal daardie mense straf oor hulle sonde,
Hy sal hulle laat sterf oor die slegte dinge
wat hulle gedoen het.
Ons God die Here sal hulle laat sterf.

Currently Selected:

Psalms 94: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy