YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 8

8
'n Mens beteken niks. Hoekom dink U aan mense?
1Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos die lied oor die parskuip. 'n Psalm van Dawid.
2Here, ons Here, die hele aarde en die lug daarbo
wys dat U Koning is en dat U regeer.
3Ook klein kindertjies sing oor u krag.
U vyande moet dit weet,
mense wat téén U is, moet stilbly.
4U het die lug en die maan en die sterre met u hande gemaak.
Wanneer ek daarna kyk, dan dink ek:
5'n Mens beteken niks.
Hoekom dink U aan mense?
Hoekom onthou U iemand wat net 'n mens is?
6U het die mens amper soos 'n engel gemaak,
U het vir hom eer gegee en U het hom belangrik gemaak.
7U laat hom regeer oor alles wat U gemaak het.
U het gesê hy is die hoof oor alles:
8oor die skape en bokke en beeste,
ja, oor hulle almal, en oor die wilde diere,
9oor die voëls in die lug en oor die visse in die see,
oor alles wat in die see swem.
10Here, ons Here, die hele aarde wys dat U Koning is.

Currently Selected:

Psalms 8: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy