YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 26

26
Ek wil aanhou om eerlik te lewe
1Van Dawid.
Here, U moet my oordeel
en U moet sê dat ek nie verkeerd gedoen het nie,
want ek het eerlik gelewe
en ek het net in U geglo,
ek het nooit opgehou glo nie.
2U moet my toets, Here,
U moet goed kyk wat ek dink en wat ek voel,
3want ek onthou altyd dat U doen wat U belowe het,
ek weet net U is God.
4Ek is nie een van die mense wat vals is nie,
ek wil niks doen saam met skynheilige mense nie.
5Wanneer slegte mense bymekaarkom,
dan is ek nie by hulle nie,
ek sit nie saam met die mense wat verkeerd doen nie.
6Here, ek was my hande om te wys dat ek onskuldig is
en ek loop om die altaar,
7ek sing en ek sê vir U dankie,
ek praat oor die wonderlike dinge wat U doen.
8Here, ek is lief vir u tempel,
die plek waar U, die Koning, woon.
9U moenie my wegvee saam met sondaars nie,
U moenie my laat sterf saam met moordenaars nie.
10Hulle is altyd gereed om slegte dinge te doen,
hulle vat geld van skuldige mense
en dan sê hulle dat daardie mense nie skuldig is nie.
11En ek? Ek wil aanhou om eerlik te lewe,
U moet my vrymaak en U moet genadig wees vir my.
12Wanneer ek weer veilig is,
dan sal ek die Here prys waar die gemeente bymekaar is.

Currently Selected:

Psalms 26: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy