YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 21

21
U het vir die koning gegee wat hy wou hê
1Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid.
2Here, die koning is bly
omdat U hom sterk gemaak het,
hy juig omdat U hom laat wen het in die oorlog.
3U het vir hom gegee wat hy wou hê,
U het nie vir hom nee gesê nie.
Sela
4Ja, U het hom geseën met goeie dinge,
U het 'n kroon van goud op sy kop gesit.
5Hy het lewe gevra, en U het dit vir hom gegee,
U het vir hom 'n baie lang lewe gegee.
6U het hom laat wen in die oorlog,
daarom respekteer mense hom,
U het hom 'n belangrike koning laat word.
7Ja, U laat dit altyd goed gaan met hom,
U is by hom, en daaroor is hy bly.
8Die koning weet dat die Here doen wat Hy sê,
die koning is veilig,
want die Hoogste God doen wat Hy belowe het.
9Koning, jy sal jou vyande vang,
jy sal die mense vang wat jou haat.
10Wanneer jy by hulle kom, dan sal jy hulle doodmaak,
dit sal wees soos wanneer iets in 'n vuur brand.
Die Here is kwaad, dit is soos 'n vuur wat brand,
Hy sal hulle laat sterf.
11Jy sal hulle en hulle kinders laat verdwyn
van die aarde,
hulle sal nie 'n nageslag hê nie.
12Wanneer hulle jou wil aanval
en planne maak teen jou,
dan sal hulle planne nie slaag nie,
13want jy sal met jou pyl en boog na hulle skiet,
en hulle sal moet vlug.
14Here, U moet almal laat sien dat U sterk is,
ons sal sing en ons sal U prys omdat U sterk is.

Currently Selected:

Psalms 21: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy