YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 145

145
Die Here beskerm almal wat lief is vir Hom
1'n Lied om die Here te prys. Van Dawid.
My God, my Koning, ek wil U prys,
ek wil u Naam prys,
altyd en altyd.
2Ek wil U elke dag prys,
ek wil u Naam prys, altyd en altyd.
3Die Here is groot,
al die mense moet Hom prys.
Niemand weet hoe groot Hy is nie.
4Elke geslag moet die dinge prys
wat U gedoen het.
Hulle moet praat oor die groot dinge
wat U gedoen het.
5Ek wil dink oor U, die Koning.
Almal moet U respekteer en dien
oor die wonderlike dinge wat U doen.
6Die mense moet bang word vir U wat sterk is,
hulle moet daaroor praat,
hulle moet vertel dat U groot is.
7Almal weet dat U groot en goed is,
hulle moenie ophou praat daaroor nie,
hulle moet sing en sê dat U altyd reg doen.
8Die Here is genadig,
Hy is goed vir mense wat swaarkry,
en Hy is geduldig.
Hy doen altyd wat Hy belowe het.
9Die Here is goed vir almal,
Hy is goed vir almal wat Hy gemaak het,
vir almal wat swaarkry.
10Here, almal wat U gemaak het, moet vir U dankie sê,
die mense wat in U glo, moet U prys.
11Hulle moet praat oor U wat die Koning is,
hulle moet vertel van die groot dinge
wat U gedoen het,
12sodat hulle vir die mense kan leer
van die groot dinge wat U gedoen het.
U is die Koning,
almal moet U respekteer en dien.
13U sal altyd Koning wees,
U sal oor al die geslagte regeer.
14Die Here hou die mense regop wat wil val,
Hy tel die mense op wat nie meer kan staan nie.
15Almal wag vir U om vir hulle kos te gee,
en U gee dit vir hulle op die regte tyd.
16U maak u hand oop, U gee vir almal wat lewe,
U gee vir hulle alles wat hulle vra.
17Die Here doen altyd reg,
Hy doen altyd wat Hy belowe het.
18Die Here is naby almal wat tot Hom bid,
almal wat eerlik tot Hom bid.
19Hy doen wat die mense vra, die mense wat Hom dien,
Hy hoor wanneer hulle roep en vra
dat Hy hulle moet help, en Hy red hulle.
20Die Here beskerm almal wat lief is vir Hom,
maar Hy maak die mense dood wat verkeerd doen.
21Ek wil die Here prys, en almal wat lewe,
moet sy heilige Naam prys, altyd en altyd.

Currently Selected:

Psalms 145: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy