YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 27

27
As jy 'n vriend het, dan moet jy hom nie los nie
1Jy moenie spog oor wat jy môre sal doen nie,
want jy weet nie wat môre sal gebeur nie.
2Jy moenie jouself prys nie,
iemand anders kan dit doen,
iemand van 'n ander plek kan jou prys,
jy moenie dit self doen nie.
3Klip en sand is swaar om te dra,
maar wanneer 'n dwaas jou kwaad maak,
dan is dit nog swaarder.
4Wanneer iemand kwaad is, dan is hy wreed,
dit is soos baie water wat oor jou spoel.
Wanneer 'n man jaloers is,
dan kan jy nie teen hom bly staan nie.
5Dit is beter om eerlik vir iemand te sê
wat hy verkeerd doen,
beter as om vir hom lief te wees
maar dit nie te wys nie.
6Wanneer 'n vriend jou seermaak,
dan doen hy dit omdat hy jou vriend wil bly.
Wanneer iemand jou die hele dag wil aanhou soen,
dan haat hy jou.
7Wanneer iemand genoeg geëet het,
dan is heuning nie meer lekker nie,
wanneer iemand honger is,
dan proe 'n bitter ding ook soet.
8Iemand wat sy huis los en weggaan,
is soos 'n voël wat wegvlieg van sy nes.
9Olyf-olie en wierook laat jou lekker voel,
maar 'n goeie vriend weet beter as jyself
wat goed sal wees vir jou.
10As jy 'n vriend het, dan moet jy hom nie los nie,
ook nie iemand wat jou pa se vriend was nie.
Wanneer dit sleg gaan met jou,
dan kan jou buurman wat naby is,
vir jou beter help as jou broer wat ver is.
11My seun, jy moet 'n wyse mens word.
Dit sal my bly maak, en dan sal ek kan antwoord
wanneer iemand wys dat hy dink ek is nie belangrik nie.
12'n Verstandige mens sien wanneer daar probleme kom,
en hy vlug,
mense wat baie min weet, vlug nie, en hulle kry swaar.
13Wanneer iemand borg gestaan het
vir 'n mens wat hy nie ken nie,
wanneer hy belowe het om te betaal
wat iemand uit 'n ander land skuld,
dan moet jy sy klere vat
as jý iets van hom wil terugkry.
14Wanneer 'n persoon vroeg in die oggend
hard skree om iemand te groet,
dan sal mense miskien dink hy is besig
om die man te vervloek.
15'n Dak wat aanhou lek wanneer dit reën,
is soos 'n vrou wat aanhou kla.
16Jy kan haar nie keer nie,
soos jy ook nie die wind kan keer nie,
en soos jy ook nie olyf-olie met jou hand
kan vashou nie.
17Een stuk yster kan 'n ander stuk yster skerpmaak,
so kan een mens 'n ander mens help om slim te word.
18Wanneer iemand goed sorg vir 'n vyeboom,
dan sal hy vye hê om te eet.
Wanneer 'n slaaf sy eienaar goed oppas,
dan sal die eienaar die slaaf respekteer.
19Wanneer iemand in die water kyk,
dan kan hy sy gesig sien.
Dit is dieselfde: Die dinge wat jy dink,
wys vir jou wie jy is.
20Die doderyk, die onderwêreld, word nooit vol nie,
meer en meer mense sterf,
en oë wil altyd meer en meer kyk.
21'n Mens smelt silwer in 'n pot
en hy smelt goud in 'n oond,
en jy weet iemand is belangrik
wanneer ander mense hom prys.
22Jy kan 'n dwaas in 'n stampblok stamp,
jy kan hom saam met sandkorrels stamp,
maar jy sal nie sy dwaasheid uit hom kan stamp nie.
Jy moet weet wat jou skape en bokke nodig het
23Jy moet weet wat jou skape en bokke nodig het,
jy moet weet hoe dit met die troppe diere gaan,
24want alles wat jy het, kan verdwyn,
en 'n koning se nageslag kan ophou regeer.
25Wanneer jy die gras afgesny het,
en dit begin weer groen word,
wanneer jy die gras op die berge
bymekaargemaak het,
26dan sal jy klere kan maak van die skape se wol
en jy sal bokke kan verkoop om grond te koop.
27Jy sal genoeg bokmelk hê vir jouself
en vir jou huisgesin,
en die meisies wat vir jou werk,
sal ook genoeg hê om te kan lewe.

Currently Selected:

Spreuke 27: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy