YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 17

17
Die Here toets mense se harte
1Dit is beter om net 'n droë stukkie kos te hê
as om 'n huis vol vleis te hê waar die mense baklei.
2'n Verstandige slaaf sal regeer oor 'n seun
wat niks reg doen nie.
Die slaaf sal saam met daardie seun se broers
die pa se goed erf.
3'n Mens smelt silwer in 'n pot
en jy smelt goud in 'n oond,
maar die Here toets mense se harte.
4Iemand wat verkeerde dinge wil doen,
luister na mense wat slegte dinge sê.
Iemand wat leuens vertel,
luister na mense wat alles wil verwoes.
5Wanneer jy vir 'n arm mens lag,
dan beledig jy vir God
wat die arm mens gemaak het.
As jy bly is wanneer iemand anders swaarkry,
dan sal die Here jou straf.
6Kleinkinders laat oumense soos konings voel,
en kinders is trots op hulle ouers.
7'n Mens dink dat 'n dwaas nie mooi sal praat nie,
'n mens dink ook dat 'n belangrike mens nie sal lieg nie.
8Iemand wat presente gee sodat mense
verkeerde dinge moet doen,
dink die presente sal hom laat slaag
oral waar hy gaan.
9Iemand wat maak of hy nie sien
wanneer iemand anders iets teen hom doen nie,
is iemand wat lief is vir mense.
Iemand wat vertel wat ander mense oor mekaar sê,
laat vriende kwaad word vir mekaar.
10'n Verstandige mens luister
wanneer iemand met hom raas,
maar 'n dwaas luister nie,
hy luister ook nie wanneer hulle hom 100 maal
met 'n stok slaan nie.
11'n Slegte mens wil altyd opstandig wees,
maar daar sal iemand kom wat hom wreed sal straf.
12Dit is gevaarlik om naby 'n beer-wyfie te kom
wat kwaad is omdat haar kleintjies dood is,
maar dit is slegter om 'n dwaas te ontmoet
wat dom dinge doen.
13Wanneer jy slegte dinge doen aan mense
wat goed was vir jou,
dan sal dit altyd sleg gaan met jou huisgesin.
14Twis begin soos wanneer water begin lek,
dit is beter dat jy ophou voordat die twis begin.
15Die Here haat dit wanneer iemand sê
dat 'n skuldige mens onskuldig is,
en Hy haat dit wanneer iemand sê
dat 'n onskuldige mens skuldig is.
16'n Dwaas het miskien geld
om wysheid te koop.
Sal dit hom help?
Nee, want hy het nie verstand nie.
17Jy kan altyd weet dat 'n vriend lief sal wees vir jou
en dat 'n broer daar is om te help
wanneer dit sleg gaan met jou.
18'n Mens wat nie verstand het nie,
sal borg staan en sê dat hy sy vriend se skuld
sal betaal.
19Iemand wat graag ander mense kwaad maak,
hou van twis.
Wanneer iemand dink dat hy beter is as ander mense,
dan sal dit gou sleg gaan met hom.
20Dit sal nie goed gaan met 'n mens wat vals is nie.
As hy ander mense wil bedrieg,
dan sal dit sleg gaan met hom.
21'n Mens is hartseer wanneer jou kind 'n dwaas is,
jy het dan niks waaroor jy bly kan wees nie.
22'n Gelukkige mens is ook 'n gesonde mens,
maar 'n mens wat moedeloos is, word siek.
23'n Mens wat verkeerd doen, neem geld
wat iemand skelm vir hom gee,
en dan oordeel hy nie reg nie.
24'n Verstandige mens dink hoe hy wysheid kan kry,
maar 'n dwaas dink hoe hy die hele aarde kan kry.
25Wanneer ouers 'n kind het wat 'n dwaas is,
dan is hulle hartseer en teleurgesteld.
26Dit is verkeerd wanneer 'n onskuldige persoon
boete moet betaal,
dit is ook verkeerd om 'n belangrike persoon te laat slaan
wanneer hy eerlik is.
27Iemand wat baie weet, praat nie baie nie,
'n verstandige persoon word nie gou kwaad nie.
28Mense dink iemand het wysheid wanneer hy nie praat nie,
hulle dink hy is verstandig wanneer hy stilbly,
hulle dink dit ook wanneer hy 'n dwaas is.

Currently Selected:

Spreuke 17: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy