YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 5

5
Onrein persone
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Jy moet vir die Israeliete sê: Julle moet elke persoon wegstuur wat melaats is, en ook elkeen wat 'n geslagsiekte het of wat onrein geword het omdat hy aan 'n lyk geraak het. 3Julle moet daardie mans en vroue wegstuur, julle moet hulle uit die kamp stuur, sodat hulle nie hulle kampe onrein laat word nie, die kampe waar Ek tussen hulle woon.”
4Die Israeliete het dit gedoen. Hulle het die persone wat onrein is, uit die kamp gestuur. Die Israeliete het gedoen wat die Here vir Moses gesê het.
Mense wat iets verkeerd doen aan ander mense
5Die Here het vir Moses gesê: 6“Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer 'n persoon, 'n man of 'n vrou, iets verkeerd doen aan 'n ander mens, dan is hy ontrou aan die Here en dan is daardie persoon skuldig. 7Hy moet sy sonde bely wat hy gedoen het en hy moet boete betaal omdat hy verkeerd gedoen het. Hy moet dit gee vir die persoon aan wie hy die verkeerde ding gedoen het en hy moet een vyfde meer bysit. 8As die persoon aan wie hy verkeerd gedoen het, gesterf het, en daar is ook nie iemand wat familie is aan wie hy die boete kan betaal nie, dan moet hy die geld vir die Here gee, en die priester moet dit kry. Maar die persoon wat verkeerd gedoen het, moet ook nog 'n skaap-ram gee. Die skaap-ram moet die offer wees waarmee die priester versoening moet doen vir die persoon.”
Gewyde presente
9Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer die Israeliete gewyde presente gee om offers te wees, dan moet die priester daarvan kry. 10Die gewyde presente wat 'n persoon bring, bly sy eie presente, maar hy moet daarvan vir die priester gee wat die priester moet kry.”
'n Vrou wat ontrou is aan haar man
11Die Here het vir Moses gesê: 12“Jy moet vir die Israeliete sê: 'n Man se vrou is miskien ontrou aan hom 13en sy het seks met 'n ander man, maar haar eie man weet nie daarvan nie. Daar is ook nie 'n getuie teen haar nie, en niemand het gesien dat sy dit doen nie. 14Haar man dink miskien dat sy dit gedoen het en dit is waar, sy het haarself onrein laat word, of haar man dink dat sy dit gedoen het, maar dit is nie waar nie, sy het haarself nie onrein laat word nie. 15Dan moet die man sy vrou na die priester toe bring. Hy moet 'n offer vir haar saambring, die offer moet een tiende van 'n efa garsmeel wees. Hy moenie olyf-olie op die meel gooi nie en hy moenie wierook daarop sit nie, want dit is 'n koring-offer van 'n man wat dink dat sy vrou ontrou was aan hom. Die offer moet wys of die vrou skuldig is of nie skuldig is nie. 16Die priester moet die vrou laat nader kom en hy moet haar voor die Here laat staan. 17Dan moet die priester 'n kleipot met gewyde water neem en hy moet van die stof neem wat op die vloer van die tempel-tent is en hy moet dit in die water gooi. 18Die priester moet die vrou daar voor die Here laat staan en hy moet haar hare losmaak. Dan moet hy die koring-offer op haar hande sit, die koring-offer wat moet wys of sy skuldig is. Die priester self moet die pot met die bitter water vashou, die water waarmee hy die vrou sal vervloek as sy skuldig is. 19Die priester moet dan vir die vrou daar voor die Here vra of sy skuldig is of nie. Hy moet vir haar sê: As 'n ander man nie seks gehad het met jou nie en jy was nie ontrou aan jou man nie, en as jy jouself nie onrein gemaak het nie, dan sal hierdie bitter water niks aan jou doen nie, die water waarmee ek jou kan vervloek. 20Maar as jy ontrou was aan jou man en as jy jouself onrein laat word het omdat jy seks gehad het met 'n ander man, 21dan sê ek nou hier voor die Here vir jou dat ek jou sal vervloek. Jy sal onvrugbaar word, en jou eie mense sal jou vervloek. 22Hierdie water waarmee ek jou moet vervloek, sal in jou ingaan, en jy sal onvrugbaar word.
“Dan moet die vrou sê: ‘Ja, as ek skuldig is, dan moet dit gebeur.’
23“Dan moet die priester die woorde waarmee hy die vrou moet vervloek, op 'n stuk vel skryf, en hy moet die letters afwas in die bitter water. 24Daarna moet hy sê die vrou moet die bitter water drink, die water waarmee hy haar moet vervloek. Die bitter water waarmee hy haar moet vervloek, moet in haar ingaan. 25Dan moet die priester die koring-offer by die vrou neem, die offer van die man wat dink dat sy vrou ontrou was aan hom, en die priester moet die offer heen en weer beweeg voor die Here en hy moet dit na die altaar bring. 26Die priester moet dan meel in sy hand neem, dit is die deel wat die Here moet kry, en hy moet die meel op die altaar verbrand. Daarna moet hy sê die vrou moet die water drink. 27As die vrou haarself onrein gemaak het en ontrou was aan haar man, en die bitter water waarmee die priester haar moet vervloek, kom in haar, dan sal sy onvrugbaar word en haar eie mense sal haar vervloek. 28Maar as die vrou haarself nie onrein gemaak het nie en sy is nog rein, dan sal die water niks aan haar doen nie, en sy sal weer kinders kan kry. 29Dit is die wet vir wanneer 'n vrou ontrou is aan haar man en wanneer sy haarself onrein maak. 30Dit is ook die wet vir wanneer 'n man net dínk dat sy vrou ontrou was aan hom. Die priester moet die vrou voor die Here laat staan en hy moet alles met haar doen wat die wet sê. 31Die man sal onskuldig wees, maar die vrou sal die straf moet dra vir die sonde wat sy gedoen het.”

Currently Selected:

Numeri 5: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy