Parallel
32
Jakob stuur vir Esau presente
1Jakob het verder gegaan, en daar het #32:1 engele: Die *dienaars van die Here wat in die hemel by Hom is en wat Hy partymaal na mense toe stuurengele van God na hom toe gekom. 2Toe Jakob hulle sien, sê hy: “Dit is 'n #32:2 kamp van God se soldate: Jakob sê die *engele is soldate, God het hulle gestuur. Die plek waar Jakob hulle sien, is die kamp waar hulle blykamp van God se soldate!” en hy het daardie plek #32:2 Maganajim: Dit was 'n plek se naam. Die naam beteken “Twee soldate-kampe”Maganajim genoem.
3Jakob het 'n boodskap gestuur vir sy broer Esau. Esau was in Seïr-land, die land van die Edomiete. 4Jakob het vir die manne gesê hulle moet vir sy broer Esau sê: “Meneer, ek is jou #32:4 slaaf: 'n Slaaf is 'n mens wat aan iemand anders behoort en wat vir hom moet werkslaaf Jakob. Ek was 'n #32:4 vreemdeling: Iemand wat in 'n ander land of stad woon, nie by sy eie mense nie. Die mense van daardie plek laat hom toe om daar te woonvreemdeling by Laban, en ek het tot nou toe daar gewoon. 5Ek het daar beeste, donkies, skape en bokke, slawe en #32:5 slavin: 'n Vrou wat 'n *slaaf isslavinne gekry. Ek stuur nou 'n boodskap om dit vir jou te sê, sodat ek kan weet of jy my vriendelik sal ontvang.”
6Toe die #32:6 boodskapper: Iemand wat vir ander mense moet gaan sê wat die persoon sê wat hom gestuur hetboodskappers terugkom by Jakob, sê hulle vir hom: “Ons het by jou broer Esau gekom, maar hy het al klaar na jou toe begin kom, en daar is 400 manne by hom.”
7Jakob het baie bekommerd en bang geword. Hy het al die mense wat by hom was, in twee groepe verdeel, ook al die skape en bokke, die beeste en die kamele. 8Hy het gesê: “As Esau die een groep aanval, dan sal die ander groep miskien kan vlug.”
9Jakob het toe gebid en gesê: “God van my oupa Abraham, God van my pa Isak, Here, U het vir my gesê dat ek moet teruggaan na my land en na my familie toe, dan sal U goed wees vir my. 10Ek is nie 'n belangrike man nie, maar U was baie goed vir my en U het alles gedoen wat U vir my belowe het. Ek het net my kierie gehad toe ek voorheen deur hierdie Jordaan-rivier gegaan het. Nou behoort hierdie twee groot groepe mense en diere aan my. 11Here, beskerm my asseblief teen my broer Esau, want ek is bang vir hom. Ek is bang dat hy my en die vroue en kinders sal aanval. 12Here, U het belowe en vir my gesê: ‘Ek sal goed wees vir jou. Ek sal jou #32:12 nageslag: Mense wat dieselfde *voorvader hetnageslag so baie maak soos die sand van die see. Dit is so baie dat 'n mens dit nie kan tel nie.’ ”
13Jakob het daardie nag daar geslaap. Hy het van sy goed geneem en hy het 'n present vir sy broer Esau gestuur. 14Dit was 200 bok-ooie en 20 bok-ramme, 200 skaap-ooie en 20 skaap-ramme, 1530 kameel-koeie en hulle kalwers, 40 koeie en 10 bulle, 20 donkie-merries en 10 donkie-hingste. 16Jakob het die diere vir sy slawe gegee, elke trop diere apart, en hy het vir sy slawe gesê: “Loop voor my, maar hou elke trop diere apart.”
17Jakob het vir die eerste slaaf gesê: “As my broer Esau by jou kom en hy vra vir jou wie se slaaf is jy, waarnatoe gaan jy en aan wie behoort hierdie trop diere, 18dan moet jy vir hom sê: ‘Dit behoort aan Meneer se slaaf Jakob. Dit is 'n present wat hy vir Meneer stuur. Hy kom self ook, hy is agter ons.’ ”
19Jakob het dieselfde vir die tweede slaaf gesê, ook vir die derde slaaf, en vir al die ander slawe wat agter die troppe geloop het. Hy het gesê wat hulle vir Esau moet sê wanneer hulle hom kry. 20Hulle moes ook vir Esau sê: “Meneer se slaaf Jakob kom ook, hy is agter ons.”
Jakob het gedink: Ek stuur die presente vir Esau, want ek wil hom vriendelik maak. As ek by hom kom, dan sal hy miskien vriendelik wees met my. 21Jakob het eers die presente gestuur en toe het hy self gegaan. Hy het daardie nag in die kamp gebly.
Jakob se naam word Israel
22Jakob het in die nag opgestaan. Hy het sy twee vroue, sy twee #32:22 slavin: 'n Vrou wat 'n *slaaf isslavinne en sy elf kinders geneem, en hulle het deur die Jabbok-rivier gegaan. 23Hy het hulle deur die rivier laat gaan en daarna het hy ook sy diere deur die rivier laat gaan. 24Jakob het alleen agtergebly. 'n Man het gekom en met hom gestoei totdat dit die volgende dag lig begin word het. 25Toe die man sien dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het hy vir Jakob op sy heup geslaan. Jakob se heup het seergekry, en hy het moeilik geloop. 26Die man sê toe vir Jakob: “Los my, want dit is amper dag.”
Maar Jakob antwoord hom: “Jy moet my eers #32:26 seën: Wanneer mense ander mense seën, dan sê hulle dat die Here dit goed sal laat gaan met daardie menseseën, dan sal ek jou los.”
27Die man het vir Jakob gevra: “Wat is jou naam?”
En hy antwoord: “Jakob.”
28Die man sê toe: “Jou naam sal nie meer Jakob wees nie, dit sal nou Israel wees. Die naam Israel beteken ‘Jy het met God en met mense gestoei en jy het gewen.’ ”
29Jakob vra toe: “Sê asseblief vir my, wat is jou naam.”
En die man vra: “Hoekom vra jy wat my naam is?”
Die man het vir Jakob daar geseën.
30Jakob het die plek #32:30 Pniël: Die naam beteken “Iemand het vir God gesien”Pniël genoem. Hy het gesê: “Ek het God gesien. Hy was so naby my dat ek sy gesig kon sien, en ek het nie gesterf nie.”
31Die son het opgekom toe Jakob weggegaan het van Pniël. Jakob het swaar geloop, want sy heup was baie seer. 32Dit is hoekom die Israeliete nie die senuwees in die heupbeen van 'n dier eet nie, want die man het vir Jakob op sy heup geslaan, op die heupsenuwee.