YouVersion Logo
Search Icon

Genesis 2

2
Die sewende dag
1God het die hemel en alles daarin klaar gemaak en ook die aarde en alles daarop. 2Op die sewende dag was al die werk wat God gedoen het, klaar. Hy het op die sewende dag gerus, Hy het nie gewerk nie.
3God het die sewende dag geseën. Hy het dit 'n gewyde dag gemaak, want op daardie dag het Hy gerus nadat Hy al sy werk klaar gedoen het.
4Dit is hoe die hemel en die aarde begin het toe God dit gemaak het.
Die Here het die mens gemaak
Toe die Here God die hemel en die aarde gemaak het, 5was daar nog nie plante in die veld op die aarde nie. Daar het nog nie plante gegroei nie, want die Here God het nog nie reën op die aarde laat val nie. Daar was ook nog nie 'n mens wat in die grond kon werk nie.
6Daar het water uit die aarde opgekom en die water het die grond natgemaak. 7Toe het die Here God stof geneem uit die grond en Hy het van die stof 'n mens gemaak.
Die Here God het asem in die mens se neus geblaas, en die mens het begin lewe.
Die tuin in Eden
8Die Here God het bome geplant in 'n tuin in Eden in die ooste. Hy het die mens wat Hy gemaak het, daar laat woon. 9Die Here God het verskillende soorte bome uit die grond laat groei. Dit was mooi bome wat lekker vrugte gedra het. In die middel van die tuin was die boom wat lewe gee, en ook die boom wat vir mense die kennis kan gee sodat hulle sal weet wat goed is en wat sleg is. 10Daar het 'n rivier uit Eden gekom om die tuin nat te maak. Die rivier het verdeel en dit het vier riviere geword. 11Die naam van die een rivier was Pison. Hierdie rivier het om die hele Gawila-land gevloei. Daar was goud 12en die goud was goed. Daar was ook balsem en oniks. 13Die naam van die tweede rivier was Gihon. Dit het om die hele land Kus gevloei. 14Die naam van die derde rivier was Tigris. Dit het oos van die land Assirië gevloei. Die naam van die vierde rivier was Eufraat. 15Die Here God het die mens in die Eden-tuin laat woon om daarin te werk en dit op te pas.
Die boom in die middel van die tuin
16Die Here God het vir die mens gesê: “Jy mag van al die vrugte in die tuin eet, 17maar een boom se vrugte mag jy nie eet nie. Dit is die boom wat jou kan help om te weet wat goed is en wat sleg is. As jy van daardie vrugte eet, dan sal jy sterf. Dit is seker.”
Die Here het die vrou gemaak om vir die mens 'n maat te wees
18Die Here God het gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n maat maak wat hom kan help.”
19Die Here God neem toe grond en Hy maak al die diere op die land en al die voëls.
Toe bring Hy al die diere en die voëls na die mens toe. Die Here God wou weet watter name die mens vir die diere sou gee. So het die diere hulle name gekry. 20Die mens het name gegee vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere, maar vir homself kon hy nie 'n maat kry om hom te help nie.
21Die Here God het toe die mens vas laat slaap. Hy het 'n rib uit die mens se bors gehaal, en Hy het die plek weer toegemaak waar Hy dit uitgehaal het. 22Daarna het die Here God 'n vrou gemaak van die man se rib en Hy het haar na die mens toe gebring.
23Die mens sê toe:
“Nou het die Here iemand gebring
wat 'n mens is soos ek.
Haar liggaam kom uit my liggaam.
Haar naam moet vrou wees,
want sy kom uit die man.”
24Daarom gaan 'n man weg van sy pa en ma en hy gaan woon by sy vrou, sodat hulle een kan word. 25Die mens en sy vrou was kaal, maar hulle was nie skaam daaroor nie.

Currently Selected:

Genesis 2: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy