YouVersion Logo
Search Icon

Prediker 5

5
1Jy moenie te gou praat nie, jy moenie te gou iets aan God belowe nie, want God is in die hemel en jy is op die aarde. Daarom moet jy versigtig wees wat jy sê. 2Wanneer jy besig is met baie dinge, dan droom jy baie dinge. Wanneer jy baie praat, dan praat jy soos 'n dwaas. 3Maar wanneer jy 'n gelofte gemaak het aan God, dan moet jy dit doen, jy moenie wag nie, want Hy hou nie van dwase nie. Jy moet doen wat jy belowe het. 4Dit is beter om nie te belowe nie as om te belowe en dit nie te doen nie. 5Jy moenie dinge sê wat vir jou sonde laat doen nie, jy sal daaroor swaarkry. Jy moenie daardie dinge doen nie, want dan sal jy vir die boodskapper van God moet sê: “Ek het 'n fout gemaak, ek het verkeerde dinge gepraat.” Jy moenie dinge sê wat vir God kwaad maak nie. Hy sal alles verwoes wat jy gemaak het. 6Mense droom baie en hulle praat baie, en wat hulle sê, is nie soos dit moet wees nie. Maar jy moet vir God respekteer.
Ek het gesien daar gebeur 'n baie slegte ding in hierdie wêreld
7Jy sien miskien dat distrikshoofde die mense verdruk wat niks het nie. Jy sien dat hulle nie reg doen nie en nie regverdig is nie. Jy moenie verbaas wees daaroor nie, want die belangrike amptenaar is die hoof van die ander amptenare en hy beskerm hulle. Die belangrikste amptenaar is die hoof van die belangrike amptenare en hy beskerm hulle. 8Dit is die beste vir 'n land as 'n koning regeer oor mense wat almal in die grond werk.
9Mense wat lief is vir geld, wil altyd nog meer geld hê. Mense wat graag ryk wil wees, sny baie koring af, maar dit is nooit genoeg vir hulle nie. Ook dít is nie reg nie. 10Wanneer jou goed baie word, dan word die mense wat kom eet, ook baie, en die persoon wat die baie goed het, kan net kyk hoe hulle eet, hy kan niks anders doen nie. 11Die man wat hard moet werk, slaap goed wanneer hy min eet en ook wanneer hy baie eet, maar die ryk mens eet te veel en hy kan nie slaap nie. 12Ek het gesien daar gebeur 'n baie slegte ding in hierdie wêreld: Iemand maak baie goed bymekaar, maar daardie goed laat dit sleg gaan met hom. 13Een slegte ding gebeur, en dan is sy goed weg. Hy het miskien 'n kind, maar sy kind kry niks. 14Wanneer die persoon sterf, dan het hy niks. Hy is kaal gebore en hy sterf kaal. Hy neem niks saam met hom wat wys dat hy hard gewerk het nie. 15Ook dít is 'n baie slegte ding: 'n Mens gaan uit die wêreld soos hy ingekom het. Hy hou niks oor van alles waarvoor hy hard gewerk het nie, dit was soos wind. 16Die slegste is dat só iemand sy hele lewe lank in die donker bly. Dit beteken: Hy kry swaar, hy is baie siek en hy is kwaad vir alles.
'n Present van God
17Maar ek het ook iets gesien wat goed is: Dit is lekker om te eet en te drink en goeie dinge te geniet wanneer 'n mens sy hele lewe lank hard werk in hierdie wêreld. Dit is iets wat God vir hom gee. 18Wanneer God 'n mens ryk laat word en dit goed laat gaan met hom, en die mens kan eet en daarvan gebruik en hy kan die dinge geniet waarvoor hy hard gewerk het, dan is dit 'n present van God. 19So 'n persoon sal nie baie terugdink aan wat in sy lewe gebeur het nie, want hy is besig met die baie goeie dinge wat God vir hom gee.

Currently Selected:

Prediker 5: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy