YouVersion Logo
Search Icon

Prediker 11

11
Jy weet nie wat God sal doen nie
1As jy iets het waarvan jy moet lewe, en jy stuur dit weg op die water, dan sal jy dit miskien ná 'n lang tyd terugkry. 2Jy moet jou goed verdeel en dit vir sewe of ag mense gee, want jy weet nie watter slegte dinge sal op die aarde gebeur nie.
3Wanneer die wolke vol water is, dan reën dit op die aarde totdat die wolke leeg is. Wanneer 'n boom val, dan bly die boom lê daar waar dit geval het, dit maak nie saak of dit na die noorde of na die suide val nie. 4As jy eers wil kyk hoe die wind waai, dan sal jy nie saai nie. As jy eers wil kyk of dit sal reën, dan sal jy nie koring afsny nie. 5Jy weet nie hoe die wind sal waai nie en jy weet nie hoe die bene van 'n baba in die liggaam van 'n swanger vrou kom nie. Dit is dieselfde: Jy weet nie wat God sal doen nie, God wat alles maak. 6Jy moet in die oggend jou saad op die land saai en jy moet aanhou saai tot die aand, want jy weet nie watter saad goed sal groei nie. Jy weet nie of dit goed sal gaan met die saad wat jy in die oggend gesaai het of met die saad wat jy in die middag gesaai het nie. Jy weet ook nie of al die saad goed sal groei nie.
Jy moet dink aan God wat jou gemaak het, jy moet nóú aan Hom dink terwyl jy jonk is
7'n Mens moet die lig geniet, dit is goed vir die oë om die son te sien. 8Ja, as 'n mens lank lewe, dan moet hy elke jaar van sy lewe geniet, maar hy moet daaraan dink dat die donker tyd ook lank sal wees, die tyd wanneer hy dood sal wees. Alles wat later kom, sal nie reg wees nie. 9Jongmens, jy moet die lewe geniet terwyl jy nog 'n kind is, dit moet vir jou lekker wees om jonk te wees. Jy moet doen wat jy graag wil doen, maar jy moet onthou dat God jou sal oordeel oor alles wat jy doen. 10Jy moenie bekommerd wees nie, oor niks nie. Jy moet alles weghou van jou wat jou kan laat swaarkry, want die tyd om jonk te wees, is ook nie soos dit moet wees nie.

Currently Selected:

Prediker 11: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy