YouVersion Logo
Search Icon

3 Johannes 1

1
1Liewe Gaius, ek, die ouderling, skryf hierdie brief vir jou. Ek is lief vir jou, want ons altwee ken die waarheid wat van God kom. 2Liewe vriend, ek bid dat alles goed sal gaan met jou. Ek bid dat dit met jou gesondheid ook goed sal gaan, so goed soos dit met jou geloof gaan.
3Ek was baie bly toe party van die gelowiges van ons gemeente kom vertel het dat jy die waarheid ken en doen wat God vir ons sê. 4Dit maak my baie baie bly wanneer ek hoor dat ons gelowiges doen wat God vir ons sê.
5Liewe vriend, jy doen altyd die regte dinge, want jy help al die gelowiges wat daar by jou aankom, en dit is gelowiges wat jy nie ken nie. 6Hulle het vir die gemeente hier vertel van jou liefde. Ek stuur hulle nou weer na jou toe. Dit sal goed wees as jy hulle help sodat hulle verder kan gaan soos God wil hê hulle moet gaan. 7Hulle gaan om vir ander mense van Christus te vertel, maar die mense wat nie gelowiges is nie, gee vir hulle niks. 8Daarom, ons moet mense help wat vir ander mense van Christus vertel. As ons dit doen, dan help ons hulle om die waarheid vir almal te vertel.
9Ek het 'n brief vir die gemeente in julle stad geskryf, maar Diotrefes doen nie wat ons vra nie. Hy hou daarvan om die belangrikste in die gemeente te wees. 10Daarom, wanneer ek na julle toe kom, dan sal ek vir julle gemeente alles vertel wat hy gedoen het. Hy skinder van my, en hy doen ook ander slegte dinge. Hy wil ook nie ander gelowiges laat inkom in julle gemeente nie, en as daar mense is wat die ander gelowiges laat inkom, dan skop hy daardie mense uit die kerk.
11Liewe vriend, daar is mense wat slegte dinge doen. Maar jy moenie dit doen nie. Jy moet goeie dinge doen. Almal wat goed doen, is God se kinders. Maar almal wat sleg doen, glo nie in God nie. 12Ek stuur ook vir Demetrius na jou toe. Almal praat goed van hom. Die dinge wat hy doen, wys ook dat hy goed is. Ek praat ook goed van hom en jy weet dat ek die waarheid praat.
13Ek het nog baie dinge wat ek vir jou wil sê, maar ek wil dit nie in 'n brief skryf nie. 14Ek hoop om jou gou te sien. Dan kan ons met mekaar praat.
15Ek bid dat God vir jou vrede sal gee. Al die vriende hier by my stuur groete vir jou. Sê groete vir elkeen van die vriende daar by jou.

Currently Selected:

3 Johannes 1: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy