YouVersion Logo
Search Icon

2 Konings 1

1
Ahasia sterf
1Nadat koning Agab gesterf het, het die Moabiete opstandig geword teen die koning van Israel. 2Koning Ahasia het deur die tralies van sy bo-kamer in Samaria geval en hy het seergekry. Hy het toe boodskappers gestuur en vir die boodskappers gesê: “Julle moet vir Baäl-Sebub, die god van die stad Ekron, gaan vra of ek sal lewe nadat ek so seergekry het.”
3Toe het 'n engel van die Here vir Elia van die stad Tisbe gesê: “Jy moet gereedmaak en jy moet die boodskappers van die koning van Samaria gaan ontmoet. Jy moet vir hulle sê: Dink julle daar is nie 'n God in die land Israel nie? Hoekom gaan vra julle vir Baäl-Sebub, die god van Ekron, wat sal gebeur? 4Die Here sê vir julle koning: Omdat jy vir die god van Ekron gaan vra het wat sal gebeur, sal jy nie afklim van die bed waarop jy gaan lê het nie, want jy sal sterf, dit is seker.”
Elia het dit gesê, en toe het hy weggegaan. 5Toe die boodskappers terugkom by die koning, vra die koning vir hulle: “Hoekom het julle teruggekom?”
6En toe sê die boodskappers vir die koning: “'n Man het ons kom ontmoet en hy het vir ons gesê: ‘Julle moet teruggaan na die koning toe wat julle gestuur het en julle moet vir hom sê die Here sê: Dink jy daar is nie 'n God in die land Israel nie? Hoekom gaan vra jy vir Baäl-Sebub, die god van Ekron, wat sal gebeur? Omdat jy dit gedoen het, sal jy nie afklim van die bed waarop jy gaan lê het nie, want jy sal sterf, dit is seker.’ ”
7Die koning vra toe vir die boodskappers: “Hoe het die man gelyk wat vir julle kom ontmoet het en wat hierdie dinge vir julle gesê het?”
8Hulle het vir die koning gesê: “Die man het velklere aangehad en daar was 'n belt van vel om sy heupe.”
Toe sê die koning: “Dit is Elia van die stad Tisbe.”
9Die koning het toe 'n offisier en 50 manne gestuur, en hulle het opgeklim na Elia toe. Elia het bo-op die berg gesit. Die offisier het vir Elia gesê: “ Man van God, die koning sê jy moet afkom.”
10Elia het geantwoord en vir die offisier gesê: “As ek 'n man van God is, dan sal daar vuur afkom uit die lug en die vuur sal jou en jou 50 manne verbrand.”
En toe kom daar vuur uit die lug en dit verbrand die offisier en sy 50 manne. 11Die koning het 'n ander offisier en 50 manne gestuur. Die offisier het vir Elia gesê: “Man van God, die koning sê jy moet gou maak en afkom.”
12Elia het geantwoord en vir die offisier gesê: “As ek 'n man van God is, dan sal daar vuur afkom uit die lug en die vuur sal jou en jou 50 manne verbrand.”
En toe kom daar vuur van God uit die lug en dit verbrand die offisier en sy 50 manne. 13Die koning het 'n derde offisier en 50 manne gestuur. Hierdie derde offisier het opgeklim en hy het voor Elia gekniel en hom gesoebat en gesê: “Man van God, asseblief, jy moenie vir my en hierdie 50 manne laat sterf nie. 14Ek weet daar het vuur uit die lug gekom en dit het die eerste twee offisiere saam met hulle manne verbrand, maar jy moenie vir my laat sterf nie.”
15Die engel van die Here het vir Elia gesê: “Gaan af saam met hom, jy moenie bang wees vir hom nie.”
Elia het toe opgestaan en hy het saam met die offisier na die koning toe gegaan. 16Elia het vir die koning gesê: “Die Here sê: Jy het boodskappers gestuur om vir Baäl-Sebub, die god van Ekron, te vra wat sal gebeur. Dink jy daar is nie 'n God in die land Israel vir wie jy kan vra wat sal gebeur nie? Omdat jy dit gedoen het, sal jy nie afklim van die bed waarop jy gaan lê het nie, want jy sal sterf, dit is seker.”
17Koning Ahasia het gesterf soos die Here gesê het in die boodskap wat Elia gebring het. Ahasia het nie 'n seun gehad nie. Joram het toe koning geword in die plek van Ahasia, dit was in die tweede jaar nadat Joram seun van Josafat koning van Juda geword het.
18Al die ander dinge wat Ahasia gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.

Currently Selected:

2 Konings 1: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy