YouVersion Logo
Search Icon

1 Korintiërs 12

12
Die Heilige Gees gee verskillende genadegawes
1My vriende, ek wil hê julle moet baie goed verstaan wat die Heilige Gees vir ons gegee het. 2Julle weet dit: Toe julle heidene was, het julle geglo in afgode wat nie kan praat nie. Julle het gedink die afgode kan julle help. 3Daarom sê ek nou vir julle: As die Gees van God in iemand se hart is, dan sal hy nie sê: “Jesus is vervloek” nie. En wanneer iemand sê: “Jesus is die Here,” dan sê hy dit net omdat die Heilige Gees in sy hart is.
4Daar is verskillende genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee. 5En daar is verskillende maniere om die Here te dien in die gemeente, maar dit is dieselfde Here wat sê hoe ons dit moet doen. 6En daar is verskillende wonderwerke, maar dit is dieselfde God wat mense help om al hierdie dinge te kan doen.
7Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente. 8Die Gees gee vir die een persoon die genadegawe om altyd te weet wat die regte ding is om te sê. Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om mooi te kan verduidelik wat God wil hê. 9Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om sterk in God te glo. Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om mense gesond te maak. 10Die Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om wonderwerke te doen. Hy gee vir 'n ander persoon die genadegawe om die boodskap van God te bring. Hy gee vir 'n ander persoon die genadegawe om te sê of 'n boodskap van God kom of van bose geeste. Hy gee vir 'n ander persoon die genadegawe om in tale te praat. Die Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om te tolk wanneer iemand in tale praat. 11Dit is dieselfde Gees wat hierdie verskillende genadegawes vir mense gee. Hy gee vir elke gelowige sy eie genadegawe. En Hy besluit self watter genadegawe Hy vir elkeen wil gee.
Die kerk is soos een liggaam wat baie dele het
12'n Mens het een liggaam, maar die liggaam het baie dele. Ja, daar is baie dele, maar die baie dele is saam één liggaam. Christus is ook so. 13Toe ons gedoop is, het die Heilige Gees vir ons almal saam een liggaam gemaak. Ons is Jode, Grieke, slawe en vry mense, maar dieselfde Gees het in ons almal gekom. 14'n Mens se liggaam het nie net een deel nie, dit het baie dele. 15Die voet sê miskien: “Ek is nie 'n deel van die liggaam nie, want ek is nie die hand nie,” maar dan is die voet nog altyd 'n deel van die liggaam. 16Die oor sê miskien: “Ek is nie 'n deel van die liggaam nie, want ek is nie die oog nie,” maar dan is die oor nog altyd 'n deel van die liggaam. 17As die hele liggaam 'n oog was, dink julle die liggaam sou dan kon hoor? As die hele liggaam 'n oor was, dink julle die liggaam sou dan kon ruik? Nee. 18Maar nou het God vir die liggaam verskillende dele gegee. Hy het elke deel gegee soos Hy wou. 19As die hele liggaam net een deel was, dan was daar nie 'n liggaam nie. 20Nou is daar baie dele, maar daar is net een liggaam. 21Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan ook nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.” 22Nee, party dele van die liggaam lyk miskien vir ons swakker as ander dele, maar die liggaam het hulle baie nodig. 23Ons wil nie hê dat mense party dele van die liggaam sien nie, ons is skaam daarvoor, daarom maak ons dit toe met mooi klere. 24Maar daar is dele waarvoor ons nie skaam is nie, ons maak dit nie toe met mooi klere nie. Daar is dele van die liggaam wat vir ons minder belangrik lyk, maar God het die liggaam so gemaak dat daardie dele belangriker is. 25En daarom baklei die liggaam nie met homself nie, want die dele sorg vir mekaar. 26Wanneer een deel swaarkry, dan kry al die dele saam swaar. En wanneer die mense een deel prys, dan is al die dele saam bly. 27Julle is almal saam die liggaam van Christus, en julle is ook elkeen 'n deel van hierdie liggaam. 28God gee vir elkeen sy plek in die gemeente. Eerste is daar die apostels, tweede is daar die profete, derde is daar die mense wat vir ander mense leer, dan die mense wat wonderwerke doen, dan die mense wat die genadegawes het om mense gesond te maak, die mense wat vir ander mense help, die mense wat leiers in die gemeente kan wees, en die mense wat in tale praat. 29Almal is nie apostels nie. Almal is nie profete nie. Almal kan nie vir ander mense leer nie. Almal kan nie wonderwerke doen nie. 30Almal het nie die genadegawe om ander mense gesond te maak nie. Almal praat nie in tale nie. Almal kan nie tolk wat die mense sê wat in tale praat nie. 31Maar julle moet bid en hard werk om daardie genadegawes te kry wat vir die gemeente die meeste kan help. En dan wys ek vir julle wat die beste ding is om te doen, die beste pad.

Currently Selected:

1 Korintiërs 12: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy