YouVersion Logo
Search Icon

1 Samuel 31

31
Saul sterf
(Ook 1 Kron 10:1-14)
1Die Filistyne het oorlog gemaak teen die Israeliete. Die manne van Israel het gevlug vir die Filistyne, en die Filistyne het baie Israeliete doodgemaak op Gilboa-berg. 2Die Filistyne het ook teen Saul en sy seuns geveg en hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malki-Sua gevang en doodgemaak. 3Daarna het die Filistyne vir Saul aangeval, die Filistyne wat met pyl en boog skiet, en Saul het baie bang geword vir hulle. 4Hy het vir sy wapendraer gesê: “Jy moet jou swaard neem en jy moet my doodsteek. Ek wil nie hê hierdie heidene moet my kom doodsteek en vir my lag nie.”
Maar sy wapendraer wou dit nie doen nie, hy was bang. Toe neem Saul self sy swaard en hy val daarop. Die swaard het deur hom gesteek. 5Toe die wapendraer sien dat Saul dood is, het hy ook op sy swaard geval en hy het saam met Saul gesterf. 6So het Saul en sy drie seuns en sy wapendraer en al die manne van Israel daardie dag saam gesterf. 7En toe die mense van Israel wat oorkant die vallei en oorkant die Jordaan-rivier was, hoor dat die manne van Israel gevlug het en dat Saul dood is, het hulle gevlug uit hulle stede. Die Filistyne het toe gekom en hulle het in daardie stede gaan woon. 8Die Filistyne het die volgende dag gekom om die goed en die klere van die dooie mense te vat, en hulle het vir Saul en sy drie seuns op Gilboa-berg gekry, Saul en sy seuns was dood. 9Hulle het Saul se kop afgekap en hulle het sy wapens gevat. Hulle het dit in Filistyne-land rondgestuur om die goeie nuus te bring in die tempels van hulle afgode en vir hulle mense. 10Hulle het Saul se wapens in die tempel van Astarte gesit en hulle het sy lyk teen die muur van die stad Bet-San opgehang. 11Toe die mense van die stad Jabes in Gilead hoor wat die Filistyne met Saul gedoen het, 12het al die belangrike manne gereedgemaak en hulle het die hele nag geloop. Hulle het Saul en sy seuns se lyke afgehaal van die muur van Bet-San. Hulle het dit na Jabes gebring en hulle het die lyke daar verbrand. 13Hulle het die bene wat oor was, geneem en hulle het dit begrawe onder die tamariskboom in Jabes. Daarna het hulle sewe dae lank gevas.

Currently Selected:

1 Samuel 31: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy