YouVersion Logo
Search Icon

1 Samuel 23

23
Dawid in die stad Keïla
1Iemand het vir Dawid kom sê dat die Filistyne oorlog maak teen die mense van die stad Keïla en dat hulle die koring op die dorsvloere vat. 2Dawid het vir die Here gevra: “Moet ek daardie Filistyne gaan aanval?”
En die Here het vir Dawid gesê: “Jy moet die Filistyne gaan aanval en jy moet die mense van Keïla red.”
3Dawid se manne het vir hom gesê: “Ons is bang hier in Juda, maar ons sal nog baie banger wees as ons na Keïla moet gaan om die Filistyne aan te val.”
4Dawid het weer vir die Here gevra wat hy moet doen, en die Here het geantwoord en gesê: “Jy moet gereedmaak en na Keïla gaan, want Ek sal jou laat wen teen die Filistyne.”
5Dawid en sy manne het na Keïla gegaan. Hulle het oorlog gemaak teen die Filistyne en hulle het die Filistyne se beeste en skape en bokke gevat. Hulle het hard geveg en hulle het die Filistyne oorwin. So het Dawid die mense van Keïla gered. 6Abjatar seun van Agimelek het die skouer-kleed saam met hom gebring toe hy gevlug het na Dawid toe in Keïla. 7Iemand het vir Saul vertel dat Dawid na Keïla gegaan het, en Saul het gedink: God het vir Dawid gelos, want Dawid het ingegaan in 'n stad waar 'n mens die poorte kan toesluit. Dawid het homself toegesluit.
8Saul het toe al sy manne laat roep om te kom oorlog maak. Hy wou hê dat hulle na Keïla moet gaan om Dawid en sy manne in die stad vas te keer en te vang. 9Toe Dawid uitvind dat Saul hom wil kom aanval, het hy vir die priester Abjatar gesê hy moet die skouer-kleed bring. 10Dawid het gesê: “Here, God van Israel, luister asseblief na wat ek vra, want ek weet Saul sal na Keïla kom om die stad te verwoes omdat ek hier is, dit is seker. 11Ek vra vir U: Sal die leiers van die mense van Keïla my vir Saul gee? Ek het gehoor dat Saul na Keïla kom. Is dit waar? Here, God van Israel, sê asseblief vir my wat sal gebeur.”
En die Here het gesê: “Saul sal kom.”
12Dawid het weer gevra: “Sal die leiers van die mense van Keïla my en my manne vir Saul gee?”
En die Here het gesê: “Ja, hulle sal dit doen.”
13Dawid en sy manne het toe gereedgemaak en hulle het uit Keïla gegaan. Hulle was omtrent 600 manne. Hulle het nie op een plek gebly nie, hulle het van die een plek na die ander plek gegaan. Saul het gehoor dat Dawid weggekom het uit Keïla, en hy het toe nie daarnatoe gegaan nie.
Dawid in die Sif-woestyn en die Maon-woestyn
14Dawid het in die woestyn gaan bly in plekke in die berge waar mense nie maklik kan kom nie. Hy het ook gaan bly op die berg in die Sif-woestyn. Saul het aangehou om te soek na Dawid, maar Saul het nie vir Dawid gevang nie, God het vir Dawid beskerm. 15Dawid het geweet dat Saul wil kom om hom dood te maak, en hy het in die Sif-woestyn by die stad Goresa gebly. 16Saul se seun Jonatan het gereedgemaak en hy het na Dawid toe gegaan by Goresa. Jonatan het vir Dawid kom sê: “God sal aanhou om vir jou te help. 17Jy moenie bekommerd wees nie. My pa sal jou nie vang nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal jou belangrikste amptenaar wees. My pa Saul weet ook dat dit so sal wees.”
18Jonatan en Dawid het weer 'n ooreenkoms gemaak, en die Here was die getuie. Dawid het by Goresa gebly, en Jonatan het teruggegaan na sy huis. 19Mense van die stad Sif het na Saul toe gegaan in Gibea en hulle het vir hom gesê: “Dawid kruip weg by ons in die berge by Goresa. Hy is op die Gakila-berg suid van die droë woestyn. 20Koning, jy moet nou sê wat jy wil hê. As jy wil kom, dan moet jy kom, ons sal jou help om vir Dawid te vang.”
21Saul het vir die mense van Sif gesê: “Ek bid dat die Here goed sal wees vir julle omdat julle jammer is vir my. 22Julle moet asseblief gaan en julle moet goed kyk waar julle Dawid se spore sien en waar mense hom gesien het. Iemand het vir my gesê dat Dawid baie slim is. 23Julle moet goed kyk waar hy oral wegkruip en julle moet vir my kom sê presies waar hy is. Dan sal ek saam met julle gaan, en as hy nog in die land is, dan sal ek hom soek en ek sal hom kry tussen al die duisende mense in Juda.”
24Die mense van Sif het gereedgemaak en hulle het teruggegaan na Sif voordat Saul gekom het. Dawid en sy manne was toe in die Maon-woestyn. Hulle was in die vallei waar niks plante groei nie, suid van die droë woestyn. 25Saul en sy manne het vir Dawid gaan soek, maar Dawid het gehoor dat hulle hom kom soek het en hy het afgegaan na die groot klip in die Maon-woestyn. Saul het gehoor dat Dawid daar is en hy het vir Dawid gevolg en gejaag. 26Saul het teen die een kant van die berg geloop en Dawid en sy manne het teen die ander kant van die berg geloop. Dawid het vinnig geloop om weg te kom van Saul, maar Saul en sy manne het vir Dawid en sy manne van al die kante vasgekeer om hulle te vang. 27Toe kom daar 'n boodskapper by Saul en hy sê: “Jy moet gou kom, want die Filistyne het in die land gekom en hulle vat alles wat hulle kan kry.”
28Saul het toe opgehou om vir Dawid te volg en te jaag, en hy het teen die Filistyne gaan oorlog maak. Dit is hoekom die mense daardie plek noem “Die groot klip waar hulle weggegaan het van mekaar.”

Currently Selected:

1 Samuel 23: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy