YouVersion Logo
Search Icon

1 Petrus 3

3
Hoe mans en vroue moet lewe
1-2Julle het gehoor dat slawe gehoorsaam moet wees aan hulle eienaars. Vroue, julle moet ook gehoorsaam wees aan julle eie mans. Miskien glo party van julle mans nie in God nie. As daardie mans sien dat julle vir God respekteer en dat julle heeltemal reg lewe, dan kan die vroue wat mooi lewe, die mans laat besluit om vir God te dien. Julle kan dit doen, ook wanneer julle niks sê nie. 3-4Julle moet mooi wees, maar julle moenie mooi wees net omdat julle julle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, of omdat julle goue juwele dra of omdat julle baie duur klere aantrek nie. Julle harte moet altyd mooi wees, julle moet nederig en rustig wees. Dit is baie belangrik vir God. 5Dit was voorheen dieselfde met die vroue wat in God geglo het en wat seker was dat Hy sal doen wat Hy gesê het. Hulle was gehoorsaam aan hulle eie mans, dit is hoekom hulle mooi was. 6So was Sara gehoorsaam aan Abraham. Sy het vir hom gesê: “Meneer.” Julle is nou Sara se kinders. Daarom moet julle goeie dinge doen en julle moenie bang wees vir enige iets wat vir julle wil bangmaak nie.
7Mans, julle moet onthou dat vroue swakker is as mans, en julle moet só met hulle saam lewe. Julle moet hulle respekteer omdat hulle saam met julle die ware lewe sal kry wat God vir julle sal gee. Julle moet dit doen sodat niks julle kan keer om reg te bid nie.
Hoe gelowiges moet lewe
8Hierdie is die laaste dinge wat ek hieroor wil sê. Julle moenie met mekaar twis nie, julle moet dieselfde dink oor dinge. Julle moet bly wees saam met ander mense en julle moet hartseer wees saam met hulle. Julle moet lief wees vir mekaar soos broers en susters lief is vir mekaar. Julle moet jammer wees vir ander mense en julle moenie hoogmoedig wees nie. 9Wanneer mense slegte dinge doen aan julle, dan moet julle nie ook slegte dinge doen aan hulle nie. Wanneer mense slegte dinge sê van julle, dan moet julle nie ook slegte dinge sê van hulle nie. Nee, julle moet hulle seën, want die Here het julle gekies om ander mense te seën. As julle dit doen, dan sal Hy julle seën.
10 Iemand wat lief is vir die lewe
en wat graag goeie dinge
wil hê,
moenie sleg praat
van mense nie
en hy moenie lieg nie.
11Hy moenie verkeerde dinge
doen nie,
hy moet goeie dinge doen,
hy moet altyd probeer
om vrede te maak.
12Want die Here kyk
na die mense wat reg lewe
en Hy sorg vir hulle.
Hy luister wanneer hulle roep
en vra dat Hy hulle moet help.
Maar die Here hou nie van mense
wat verkeerde dinge doen nie.
13Dit is seker: Niemand sal slegte dinge doen aan julle as julle baie graag goeie dinge wil doen nie. 14Nee, julle is gelukkige mense as julle swaarkry omdat julle doen wat die Here wil hê. Maar julle moenie bang wees vir die mense wat julle laat swaarkry nie, en julle moenie bekommerd wees nie. 15Julle moet onthou dat Christus heilig is en dat Hy die Here is. Julle weet van die dinge wat sal gebeur, julle is seker daarvan. Wanneer mense vir julle vra om te vertel van daardie dinge, dan moet julle altyd gereed wees om vir elkeen te vertel van die dinge. 16Maar julle moet nederig wees wanneer julle dit vertel en julle moet vir God respekteer. Daar is mense wat vir julle beledig, want julle doen goeie dinge omdat julle in Christus glo. Julle moet goed onthou wat is reg en wat is verkeerd, sodat die mense wat vir julle beledig, self skaam sal word. 17Want as God wil hê dat julle moet swaarkry, dan is dit beter dat julle swaarkry omdat julle goeie dinge doen, beter as dat julle swaarkry omdat julle slegte dinge doen.
Die voorbeeld van Christus
18Want Christus het ook net een maal swaargekry en gesterf om sondaars te red van hulle sondes. Hy was onskuldig, maar Hy het gesterf sodat mense wat sonde gedoen het, kan lewe. Hy het gesterf sodat Hy vir julle na God kan bring. Die mense het die mens Christus doodgemaak, maar die Gees van God het vir Christus weer laat lewe. 19En Christus het ook gegaan na die geeste in die doderyk en Hy het vir hulle die boodskap gebring dat Hy oorwin het. 20Dit is die geeste van die mense wat voorheen ongehoorsaam was. Dit was in die tyd toe Noag gelewe het, Noag wat die ark gebou het. God het toe geduldig gewag dat hierdie mense moet terugkom na Hom toe. God het net 'n paar mense gered. Die ark het op die water gedryf, só het God hulle gered. Daar was ag mense in die ark. 21Hierdie water is 'n teken van die doop, God red julle nou met die doop. Die doop was nie ons liggame skoon nie, maar dit red ons omdat God vir Jesus Christus weer laat lewe het. Wanneer ons gedoop word, dan belowe ons vir God dat ons gehoorsaam sal wees aan Hom. Ons weet dat ons nie skuldig is nie. 22Jesus het na die hemel gegaan. Hy sit daar op die belangrikste plek langs God. God het gesê dat Jesus Christus moet regeer oor al die engele en oor almal en alles wat belangrik wil wees in die wêreld.

Currently Selected:

1 Petrus 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy