Julle moet weet ons liggame behoort aan Christus. Daarom mag julle liggame nie ook aan 'n prostituut behoort nie. Julle weet almal dat wanneer 'n mens seks het met 'n prostituut, dan word jou liggaam en haar liggaam saam één liggaam. Want in die Ou Testament is geskryf: Hulle twee sal soos een mens wees. Maar as 'n mens saam met die Here lewe, dan is jou gees en sy Gees een. Julle moenie onsedelik lewe nie. Al die ander sondes wat 'n mens doen, doen hy nie aan sy liggaam nie, maar wanneer hy onsedelik lewe, dan is dit 'n sonde wat hy aan sy eie liggaam doen. Julle moet weet dat 'n mens se liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is. God het sy Gees vir julle gegee om in julle te woon. Daarom behoort julle nie aan julleself nie. God het duur betaal toe Hy julle gekoop het vir Hom. Daarom moet julle vir God prys met julle liggame.
Share
Read 1 Korintiërs 6
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos