YouVersion Logo
Search Icon

TITUS 2

2
Bevorder die gesonde leer en ’n leefstyl wat daarby pas
1Maar jý moet die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël. 2Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet ’n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld. 3Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer. 4Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê 5en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie.
6Net só moet jy die jonger mans aanmoedig om met selfbeheersing te lewe 7in alles. Jy moet ’n goeie voorbeeld stel, suiwerheid in die leer handhaaf, 8met gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal die teenstanders beskaamd staan omdat hulle dan niks slegs oor ons te sê het nie.
9Die slawe moet in alle opsigte aan hulle eie eienaars onderdanig wees en hulle tevrede hou. Hulle moet nie teëstribbel of 10steel nie, maar toon dat hulle goed en ten volle betroubaar is. Op só ’n manier sal hulle in alles wat hulle aanpak, die onderrig oor ons Verlosser aantreklik maak.
11Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. 12Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. 13Ondertussen sien ons daarna uit dat die wonderlike hoop wat ons koester, ’n werklikheid sal word en dat die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, sigbaar sal word. 14Hy het sy lewe vir ons gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is, en om ons te reinig van alle sonde sodat ons sy volk kan wees wat net aan Hom behoort, entoesiasties om die goeie te doen.
15Oor hierdie dinge moet jy praat. Met gesag moet jy ook bemoedig en teregwys. Moenie toelaat dat iemand jou geringskat nie.

Currently Selected:

TITUS 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy