YouVersion Logo
Search Icon

OPENBARING 3

3
Aan die gemeente in Sardis wat dringend moet wakker word
1Skryf aan die voorganger#3:1a, 7, 14 Of boodskapper. Grondteks engel. van die gemeente in Sardis: Só sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre vashou:
Ek ken jou handel en wandel. Ek weet ook dat jy daarvoor bekend is dat jy lewe, maar jy is dood#3:1b Of jy is ’n lyk..
2Word wakker en herstel wat nog oor is, wat op die drumpel van die dood is. Jou optrede vind Ek nie gepas in die teenwoordigheid van my God nie. 3Probeer onthou hoe jy dit ontvang en gehoor het; gehoorsaam dit en kom tot inkeer. As jy nie wakker word nie, sal Ek skielik op jou afkom soos ’n dief, en jy sal nie weet presies wanneer Ek op jou afkom nie.
4Maar jy het tog ’n klompie persone in Sardis wat nie hulle klere vuil gemaak het nie. Dit is hulle wat vir altyd saam met My in wit klere sal leef omdat hulle dit werd is.
5Die een wat aanhou oorwin, sal net so met wit klere aangetrek word. En Ek sal sy naam nooit uit die Boekrol van die Lewe vee nie, maar voor my Vader en sy engele getuig dat hy van mý mense is.
6Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê.
Aan die gemeente in Filadelfia wat volhard en aan die getuienis bly vashou
7Skryf aan die voorganger#3:1a, 7, 14 Of boodskapper. Grondteks engel. van die gemeente in Filadelfia. So sê die Heilige, die Betroubare –
Hy wat die sleutel van Dawid hou
en deure oopsluit, en niemand kan
dit toesluit nie;
en Hy sluit en niemand kan
dit weer oopmaak nie:
8Ek ken jou handel en wandel. Kyk, Ek het ’n geopende deur voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie. Al het jy ook net beperkte krag, het jy my boodskap nogtans gehoorsaam en My nie verloën nie.
9Kyk, daardie mense vanuit die geledere van die sinagoge van Satan wat beweer dat hulle Jode is, maar dit nie is nie, maar lieg – Ek sal hulle verplig om voor jou voete neer te buig en te erken dat Ek jou liefgehad het. 10Omdat jy vasgehou het aan die getuienis van hoe Ek volhard het, sal Ek jou ook bewaar gedurende die tyd van hewige toetsing wat vir die hele bewoonde wêreld voorlê – daardie tyd wanneer al die bewoners van die aarde deeglik getoets word. 11Ek kom gou; hou vas wat jy het sodat niemand jou kroon wegneem nie.
12Die een wat aanhou oorwin, hom sal Ek ’n pilaar in die tempel van my God maak, en hulle sal nooit weer daaruit weggeneem word nie. Ek sal op hulle die Naam van my God graveer, asook die naam van die stad van my God, naamlik die nuwe Jerusalem wat neerdaal uit die hemel, van my God af, asook my nuwe Naam.
13Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê.
Aan die gemeente in Laodisea wat louwarm geword het
14Skryf aan die voorganger#3:1a, 7, 14 Of boodskapper. Grondteks engel. van die gemeente in Laodisea: So sê die Amen, die getroue en betroubare getuie, die oorsprong van God se skepping:
15Ek ken jou handel en wandel. Ek weet dat jy nie koud of warm is nie. Was jy tog maar net koud of warm. 16Omdat jy so louwarm is, nie warm nie en ook nie koud nie, is Ek op die punt om jou uit my mond te spoeg.
17Jy sê: “Ek is ryk; ek het skatryk geword en het aan niks behoefte nie.” Jy besef nie dat jy ellendig en bejammerenswaardig is nie, armlastig, blind en kaal. 18Ek gee jou daarom die raad om by My goud te koop wat deur vuur gesuiwer is sodat jy ryk kan word; en koop vir jou wit klere om aan te trek sodat die skande van jou naaktheid nie algemeen sigbaar word nie; en koop ook oogsalf om aan jou oë te smeer sodat jy kan sien.
19Ek berispe en straf almal wat Ek liefhet. Kry lewe en kom tot inkeer! 20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet.
21Die een wat aanhou oorwin, hom sal Ek toelaat om saam met My op my troon te sit, net soos Ek oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
22Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê.

Currently Selected:

OPENBARING 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy