YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 99

99
Verheerlik die Here, ons Koning
1Die Here is koning!
Laat die nasies bewe!
Hy sit op die gerubs!
Laat die hele aarde bewe!
2Groot is die Here in Sion,
hoog verhewe
bokant al die volke.
3Hulle moet u Naam verheerlik;
dis groot en ontsagwekkend.
Heilig is Hy!
4U is die magtige koning
wat die reg liefhet.
U het opregtheid gevestig,
en reg en geregtigheid
in Jakob.
5Loof die Here ons God!
Aanbid Hom by sy voete,
want Hy is heilig!
6Moses en Aäron
was onder sy priesters,
Samuel het sy Naam aangeroep.
Hulle het die Here
om hulp geroep
en Hy het hulle gebed verhoor.
7In ’n wolkkolom
het Hy gepraat,
en sy bevele en voorskrifte
wat Hy gegee het,
het hulle gehoorsaam.
8 Here ons God,
U het hulle geantwoord.
U was vir hulle ’n God
wat vergewe,
maar ook Een
wat hulle oortredings straf.
9Loof die Here ons God!
Dien Hom op sy heilige berg,
want die Here ons God is heilig!

Currently Selected:

PSALMS 99: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy