YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 135

135
Die Here is groot
1Prys die Here!
Prys die Naam van die Here!
Prys Hom,
dienaars van die Here,
2julle wat diens doen
in die Here se huis,
in die voorhowe
van die huis van ons God.
3Prys die Here,
want die Here is goed;
sing tot eer van sy heerlike Naam.
4Die Here het Jakob
vir Hom gekies,
vir Israel as sy besondere besitting.
5Ek weet die Here is groot,
ons Here is groter
as alle gode.
6Die Here doen wat Hy wil,
in die hemel en op die aarde,
op die see
en in die diepste oseane.
7Hy laat wolke
oor die aarde saampak.
Hy maak weerlig vir die reën
en bring die wind
uit sy stoorkamers.
8Egipte se eerstelinge
het Hy getref,
mense sowel as diere.
9Oor Egipte
het Hy wonders
en tekens gestuur,
oor die farao en al sy mense.
10Hy het groot nasies verslaan
en magtige konings
doodgemaak:
11Sihon, koning van die Amoriete,
Og, koning van Basan,
en al die koninkryke van Kanaän.
12Hulle land
het Hy as erfdeel
aan Israel gegee,
as erfdeel vir sy volk Israel.
13U Naam, Here,
duur vir altyd;
U word onthou, Here,
van geslag tot geslag.
14Die Here sal reg verskaf
aan sy volk
en Hom ontferm oor sy dienaars.
15Die afgode van die nasies
is voorwerpe van silwer
en goud,
die werk van mensehande.
16Hulle het monde,
maar is stom.
Hulle het oë,
maar kan nie sien nie.
17Hulle het ore,
maar kan nie hoor nie,
in hulle monde
is geen asem nie.
18Hulle makers is net soos hulle,
so ook almal
wat op hulle vertrou.
19Israel, loof die Here!
Priesters, nageslag van Aäron,
loof die Here!
20Leviete, loof die Here!
Julle wat Hom dien,
loof die Here!
21Loof die Here in Sion,
Hy wat woon in Jerusalem.
Prys die Here!

Currently Selected:

PSALMS 135: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy