YouVersion Logo
Search Icon

MIGA 4

4
Die Here sal regeer
1’n Tyd sal aanbreek
wanneer die Here se tempel
in Jerusalem
die belangrikste plek
op aarde sal wees.
Mense sal van oral af kom
om daar te aanbid.
2Baie nasies sal kom en sê:
“Kom laat ons opgaan
na die berg van die Here,
na die tempel
van die God van Israel.
Hy sal ons leer hoe om te lewe
sodat ons aan Hom
gehoorsaam kan wees.”
Dan sal die gebooie uitgaan
vanuit die tempel#3:12; 4:2 Grondteks Sion.
en die woord van die Here
uit Jerusalem.
3Geskille tussen baie volke
sal Hy oplos.
Van hulle swaarde sal nasies
ploegskare maak
en van hulle spiese,
snoeiskêre.
Oorloë sal ophou
en ook militêre opleiding.
4Almal sal rustig woon
terwyl hulle vrede
en voorspoed geniet.
Hulle sal nie enige rede hê
om bang te wees nie.
Dit is ’n belofte van
die Here, die Almagtige!
5Elke nasie
kan sy vertroue stel
in hulle gode,
maar ons sal vir altyd
ons vertroue stel
op die Here ons God.
Terugkeer uit ballingskap
6Die Here sê:
“In die tye wat kom,
gaan Ek my mense
bymekaarmaak.
Dit sluit in die kreupeles
wat in ballingskap is
en dié wat Ek
met rampe getref het.
7Hulle is verswak
en ver van hulle huise af,
maar Ek sal hulle weer
’n sterk en magtige nasie maak.
Ek, die Here,
sal hulle Koning wees.
Ek sal vir ewig in Jerusalem#4:7, 11 Grondteks Sion.
oor hulle regeer.
8Jerusalem#4:8a Grondteks Wagtoring van die kudde., veilige vesting
vir God se mense,#4:8b Grondteks die vesting van die dogter van Sion.
Ek sal jou mag herstel.
Jerusalem#4:8c Grondteks Die dogter van Jerusalem. sal weer soos vroeër
die stad wees
waar die koning regeer.”
9Maar waarom skreeu jy nou
so benoud?
Het jy dan nie ’n koning nie?
Het jou raadgewers verdwyn?
Angs het jou vasgegryp,
soos ’n vrou wat in kraam is.
10Mense van Jerusalem#4:10 Grondteks die dogter van Sion.,
ervaar pyn en benoudheid
soos ’n vrou in kraam!
Julle sal die stad moet verlaat
om op die oop velde te bly.
Julle gaan binnekort
in ballingskap
na Babel toe geneem word.
Maar die Here sal julle daar red.
Hy sal julle verlos
uit die mag van julle vyande.
11Baie volke het hulle kragte
teen jou saamgespan.
Hulle soek jou bloed
en is gretig om die ondergang
van Jerusalem#4:7, 11 Grondteks Sion. te aanskou.
12Maar hulle weet nie
hoe die Here dink nie
en verstaan nie sy planne nie.
Hy gaan hulle bymekaarmaak
soos gerwe
op die dorsvloer.
13Die Here sê vir Jerusalem:
“Maak jou gereed
en vernietig die nasies!
Ek sal vir jou ysterhorings
en koperhoewe gee
sodat jy baie nasies
kan vertrap.
Gee al die rykdom
wat jy so bekom
as offers aan My.
Ek is die Here
van die hele wêreld.”
’n Regeerder uit Betlehem
14Kry jou manskappe gereed
vir ’n inval,
want ons is omsingel.
Hulle sal die koning van Israel
met ’n stok in sy gesig slaan.

Currently Selected:

MIGA 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy