YouVersion Logo
Search Icon

JONA 4

4
Jona se woede en God se genade
1Hierdie verandering het Jona ontstel. Hy het baie kwaad geword. 2Hy het by die Here daaroor gekla: “Het ek nie voor ek by die huis weg is, gesê dit is wat U sou doen nie, Here? Dit is die rede hoekom ek na Tarsis gevlug het! Ek het geweet U is ’n genadige God, ’n God van medelye. U word stadig kwaad en is liefdevol en getrou. Ek het geweet U kry maklik berou en dat U van plan sou verander en hulle nie straf nie. 3Here, vat nou maar my lewe! Ek wil liewer dood wees as om te lewe.”
4Die Here het geantwoord: “Is dit reg van jou om hieroor kwaad te wees?”
5Jona is toe uit die stad uit. Hy het aan die oostekant van die stad gaan sit en vir hom ’n skuiling gemaak. Hy het onder die skuiling gesit terwyl hy gewag het om te sien of iets met die stad sou gebeur. 6Die Here God het toe ’n plant laat groei wat skaduwee oor Jona se kop gemaak het. Dit het hom beter laat voel. Jona was baie bly oor die plant. 7Maar God stuur toe ’n wurm. Met dagbreek die volgende môre het die wurm die stam van die plant afgevreet. Die plant het verdroog. 8Toe die son opkom, het God ’n skroeiende oostewind laat opsteek. Die son het so op Jona se kop neergebrand dat hy swak begin voel het en gewens het om dood te gaan. Hy het gesê: “Dit is beter om dood te gaan as om te lewe!”
9God sê toe vir Jona: “Is dit reg van jou om kwaad te wees omdat die plant dood is?”
Jona het geantwoord: 10“Ja, ek is so kwaad dat ek kan sterf!” Toe sê die Here: “Jy is ontsteld oor die plant en dit terwyl jy niks gedoen het om die plant te versorg of te laat groei nie. Die plant het oornag opgekom en is weer oornag vernietig. 11Nineve het meer as 120 000 mense wat nie weet wat reg of verkeerd is nie en ook baie diere. Sal Ek dan nie medelye hê oor die groot stad Nineve nie?”

Currently Selected:

JONA 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy