YouVersion Logo
Search Icon

JESAJA 47

47
Babel gaan val
1“Klim af, gaan sit in die stof,
dogter van Babel.
Kom sit in die stof
sonder jou troon,
stad van die Babiloniërs.
Niemand noem jou weer
die jong vrou
wat fyn en delikaat is nie.
2Vat swaar maalklippe
en maal die koring.
Haal af jou sluier
en tel jou rok op.
Ontbloot jou
en stap deur die stroom.
3Want jy sal kaal wees.
Jou skaamte
sal ontbloot word.
Want Ek neem wraak,
en sal niemand spaar nie.”
4Ons Verlosser
– die Here, die Almagtige,
is sy Naam –
is die Heilige van Israel.
5“Gaan sit doodstil
in ’n donker plek,
dogter van Babilon#47:5 Grondteks die Galdeërs..
Jy sal nooit weer genoem word
koningin van koninkryke nie.
6Want Ek was kwaad
vir my volk.
Ek het my erfdeel onrein verklaar.
Daarom het Ek hulle gestraf
en hulle in jou hand oorgegee.
Maar jy het geen genade
vir hulle betoon nie.
Selfs die oumense
het jy ’n swaar vrag laat dra.
7Jy het by jouself gedink:
‘Ek sal altyd bestaan,
’n koningin wees vir altyd!’
Maar jy het nie gedink
aan die gevolge
van jou dade nie.
8“Daarom, luister mooi na My.
Jy is ’n wellustige vrou
wat haar verlustig
in haar sekuriteit en sê:
‘Ek alleen bestaan,
daar is niemand soos ek nie.
Ek sal nooit ’n weduwee wees
of my kinders verloor nie.’
9Dis juis hierdie twee dinge
wat jou skielik sal oorval,
op dieselfde dag:
Jy sal jou kinders verloor
en jy sal ’n weduwee word.
Hierdie rampe gaan jou tref
ondanks jou toorkunste
en jou beswerings.
10Jy het op jou boosheid vertrou
en gesê:
‘Niemand sien wat ek doen nie!’
Jou wysheid en jou kennis
het jou mislei
toe jy gedink het:
‘Ek alleen bestaan,
daar is niemand
soos ek nie.’
11Maar rampe
sal jou skielik oorval
en jy sal dit nie kan besweer nie.
Ellende gaan oor jou kom,
en jy sal jou nie
met ’n losprys kan loskoop nie.
’n Ramp wat jy nie kan
voorsien nie,
sal skielik oor jou kom.
12“Hou maar aan
met jou toorkunste,
met jou beswerings
wat jy al van kleintyd
beoefen het.
Dalk het jy sukses,
dalk sal jy mense afskrik.
13Al die raad wat jy gekry het,
het jou net moeg gemaak.
Laat jou voorspellers opstaan
en jou kom red.
Laat die sterrekykers
wat maand vir maand vir jou
voorspellings maak,
jou red
van wat jou gaan tref.
14Maar hulle is so nutteloos
soos droë gras
wat in die vuur brand.
Hulle kan hulleself nie red
van die mag van die vuur nie!
Daar is nie eens kole
om jou warm te maak nie,
geen vuur waarby jy kan sit nie.
15Dis al wat hulle
vir jou kan doen,
hulle met wie jy jou
van jongs af besig gehou het.
Hulle dwaal almal
op hulle eie koers.
Nie een van hulle kan jou red nie.”

Currently Selected:

JESAJA 47: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy