YouVersion Logo
Search Icon

JESAJA 18

18
’n Boodskap oor Etiopië
1Verwoesting wag
vir die land
langs die riviere van Etiopië#18:1 Grondteks Kus.,
die land van sprinkane.
2Sy gesante seil in papirusbote
oor die water.
“Gaan huis toe,
vinnige boodskappers!
Neem ’n boodskap vir die land
wat deur riviere verdeel word,
na julle lang mense
met die gladde vel
wat wyd en syd gevrees word
vir hulle aanvalle en verwoesting.”
3Wanneer ek ’n vaandel opsteek
op die berg,
moet die hele wêreld en sy inwoners
kennis neem.
Wanneer ek die trompet blaas,
moet julle luister!
4Want die Here het vir my gesê:
“Ek kyk rustig uit my woonplek,
so rustig soos die hittegolwe
op ’n somersdag,
of soos dou op ’n herfsmôre
tydens oestyd.”
5Nog voor julle die aanval begin,
terwyl julle planne ryp word
soos druiwe,
sal die Here julle afsny
soos met ’n snoeiskêr.
Hy sal die takke wat uitgroei,
afsny.
6Julle magtige leër
sal dood lê in die veld,
en die voëls en wilde diere
sal hulle vreet.
Die aasvoëls sal die hele somer
aan hulle vreet.
Wilde diere sal die hele winter
aan hulle bene knaag.
7Die tyd kom
wanneer die Here,
die Almagtige,
geskenke sal kry
van die lang mense
met die gladde vel
wat wyd en syd gevrees word
vir hulle aanvalle en verwoesting.
Die land wat deur riviere verdeel word,
sal geskenke bring
vir die Here, die Almagtige,
in Jerusalem#18:7 Grondteks op Sionsberg.,
die plek waar Hy woon.

Currently Selected:

JESAJA 18: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy