YouVersion Logo
Search Icon

JESAJA 11

11
’n Takkie van Dawid se familie
1Uit die stomp
van Dawid se familie#11:1 Grondteks die lyn van Isai. Isai was koning Dawid se pa.
sal ’n takkie groei,
’n tak wat vrugte sal dra.
2Die Gees van die Here
sal op hom rus,
die Gees wat wysheid
en insig bring,
die Gees wat raad
en krag bring,
die Gees wat kennis
en eerbied vir die Here bring.
3Hy sal sy vreugde daarin vind
om die Here te gehoorsaam.
Hy sal nie regspreek
volgens uiterlike skyn
of op vals getuienis
of hoorsê nie.
4Hy sal die armes en verdruktes
beskerm.
Teen die bose mense
sal hy optree
en met die asem van sy mond
hulle om die lewe bring.
5Hy sal regverdigheid aantrek,
en ook waarheid.
6Daardie dag
sal die wolf die gas
van die lam
wees.
Die luiperd en die bokkie
sal langs mekaar lê.
Kalwers en vetgemaakte beeste
sal veilig by leeus wees,
en ’n kindjie sal vir almal sorg.
7Vee sal tussen bere wei,
hulle kleintjies sal by mekaar lê
en leeus sal gras vreet soos beeste.
8Babas sal veilig
tussen giftige slange speel.
’n Kindjie sal sy hand uitsteek
na giftige slange
en niks oorkom.
9Niks of niemand sal op my heilige berg verwoesting of kwaad aanrig nie. Soos die water die see vol maak, so sal die aarde vol wees van mense wat die Here ken.
10Daardie dag sal die erfgenaam van Dawid se troon#11:10 Grondteks die wortel van Isai. ’n vlag opsteek wat vir die hele wêreld redding sal bring. Die nasies sal na hom toe kom, want die land waar hy bly, sal ’n heerlike plek wees.
11Op daardie dag sal die Here vir die tweede keer ’n oorblyfsel van sy volk terugbring, almal wat oorgebly het uit Assirië, Egipte, Patros, Etiopië#11:11a Grondteks Kus., Elam, Babilonië#11:11b Grondteks Sinar., Hamat en die kuslande. 12Hy sal ’n vlag tussen die nasies oprig en die ballinge van Israel sal van die uithoeke van die aarde daarheen kom.
13Dan sal die naywer tussen Israel#11:13 Grondteks Efraim. So ook in res van vers 13. en Juda verdwyn. Hulle sal nie meer met mekaar baklei nie. Israel sal nie weer op Juda jaloers wees nie, en Juda sal nie meer vyandig wees teenoor Israel nie. 14Saam sal hulle die Filistyne in die weste aanval. En saam sal hulle die nasies in die ooste aanval en hulle plunder. Hulle sal die lande van die Edomiete, Moabiete en Ammoniete verower.
15Die Here sal die Egiptiese see laat opdroog. Hy sal ’n skroeiende wind oor die Eufraat laat waai en ’n sterk wind stuur wat dit in sewe kanale sal verdeel waar ’n mens maklik kan deurloop.
16Hy sal ’n hoofpad maak vir die oorblyfsel wat nog in Assirië is, net soos vir Israel toe hulle uit Egipte teruggekom het.

Currently Selected:

JESAJA 11: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy