YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 16

16
Die geboorte van Ismael
1Maar Sarai, Abram se vrou, het nog geen kinders gehad nie. Sarai het ’n Egiptiese slavin gehad met die naam Hagar. 2Sarai sê toe vir Abram: “Die Here het my nie toegelaat om kinders te hê nie. Gaan slaap by my slavin. Dalk kan sy ’n kind in die wêreld bring wat ek as my eie kan beskou.” Abram het hiermee ingestem.
3So het Sarai, Abram se vrou, haar Egiptiese slavin Hagar vir Abram as vrou gegee.
Dit het gebeur tien jaar nadat Abram in Kanaän aangekom het.
4Abram het toe by Hagar gaan slaap en sy het swanger geword. Toe Hagar agterkom dat sy ’n kind verwag, het sy haar meesteres met minagting begin behandel.
5Toe sê Sarai vir Abram: “Dit is alles jou skuld! Ek het my slavin vir jou gegee om by te slaap. Vandat sy agtergekom het dat sy swanger is, minag sy my. Die Here sal oordeel tussen my en jou!”
6Abram het haar terug geantwoord: “Aangesien sy jou slavin is, maak met haar soos jy wil.”
Sarai het haar toe so sleg behandel dat Hagar weggeloop het.
7Die engel van die Here het haar by ’n fontein in die woestyn op pad na Sur gekry. 8Die engel sê vir haar: “Hagar, diensmeisie van Sarai, waar kom jy vandaan? Waarheen gaan jy?”
“Ek loop weg van my meesteres,” antwoord sy.
9Toe sê die engel van die Here vir haar: “Gaan terug na jou meesteres toe en wees aan haar onderdanig.” 10Die engel van die Here sê ook: “Ek sal vir jou ’n groot nageslag gee wat nie getel kan word nie.”
11Die engel van die Here sê toe weer vir haar: “Jy is nou swanger met ’n seun wat jy in die wêreld gaan bring. Jy moet hom Ismael#16:11 Ismael beteken God hoor. noem, want die Here het jou noodkreet gehoor. 12Hierdie seun van jou sal ’n wilde mens wees, soos ’n wildedonkie. Hy sal teen almal wees en almal sal teen hom wees. Hy sal in konflik lewe met sy broers.”
13Van toe af het Hagar die Here wat met haar gepraat het, genoem “die God wat my sien”#16:13 Grondteks El-Roï., want sy het gesê: “Ek het die Een gesien wat my gesien het!” 14Dit is hoekom hierdie put Lagai-Roï-fontein#16:14 Grondteks Beer-Lagai-Roï wat beteken die put van die Lewende Een wat my sien. genoem word. Dit is nog steeds tussen Kades en Bered.
15Later het Hagar vir Abram ’n seun in die wêreld gebring. Abram het hom Ismael genoem. 16Abram was 86 jaar oud toe Hagar Ismael vir hom in die wêreld gebring het.

Currently Selected:

GENESIS 16: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy