YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 10

10
1Die volgende is ’n lys van die nakomelinge van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet, ná die vloed.
Die nakomelinge van Jafet
2Die nageslag van Jafet was Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras.
3Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma.
4Die nageslag van die Grieke was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners#10:4 Grondteks Dodanim. Vgl egter 1 Kron 1:7, die Samaritaanse Pentateug en die Griekse vertaling. Dit dui op die inwoners van Rodos..
5Hulle nageslag het seevaarders in verskillende lande geword. Elke stam het sy eie taal gehad.
Die nakomelinge van Gam
6Die nageslag van Gam was Kus, Egipte, Put en Kanaän.
7Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan.
8Een van Kus se nakomelinge was Nimrod, die eerste krygsman op aarde. 9Hy was ’n voortreflike jagter voor die Here. Sy naam het soos ’n spreekwoord geword en mense het gesê: “Soos Nimrod, die beroemde jagter voor die Here.”
10Met die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne het hy die grondslag vir sy ryk in Sinar#10:10 Of Babel. gelê. 11Daarvandaan het hy sy ryk na Assirië toe uitgebrei. Daar het hy Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou.
12Tussen Nineve en Kalag het hy ook Resen, wat ’n groot stad was, gebou.
13Egipte was die voorvader van die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete, 14Patrosane, Kaslugiete en Kaftoriete uit wie die Filistyne afgestam het#10:14 Grondteks Kaslugiete van wie die Filistyne afkomstig is, en die Kaftoriete. Vgl egter Jer 47:4; Am 9:7..
15Kanaän se oudste seun was Sidon, die voorvader van die Sidoniërs. Kanaän was ook die voorvader van die Hetiete, 16Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, 17Hewiete, Erekiete, Siniete, 18Arwadters, Semariërs en Hamatiete. 19Mettertyd het stamme van die Kanaäniete versprei en het die grense vanaf Sidon tot by Gasa gestrek op pad na Gerar toe en in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim, by Lesa.
20Dit was die nakomelinge van Gam, aangedui volgens hulle stamme, tale, onderskeie gebiede en nasies.
Die nakomelinge van Sem
21Vir Sem, wie se ouer broer Jafet was#10:21 Of Sem, die ouer broer van Jafet., is daar ook kinders gebore. Sem was die voorvader van die Hebreërs. 22Sem se nageslag was Elam, Assur, Arpaksad, Lud en Aram.
23Die nakomelinge van Aram was Us, Gul, Geter en Mas.
24Arpaksad was die voorvader van Selag en Selag was die voorvader van Heber. 25Heber het twee seuns gehad. Die eerste was Peleg (“verdeling”), want in daardie tyd is die mense verdeel en het hulle oor die aarde versprei. Sy broer se naam was Joktan.
26Joktan was die voorvader van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, 27Hadoram, Usal, Dikla, 28Obal, Abimael, Skeba, 29Ofir, Gawila en Jobab. 30Die nakomelinge van Joktan het gewoon in die gebied vanaf Mesa na die oostelike heuwels van Sefar.
31Dit was die nakomelinge van Sem, aangedui volgens hulle stamme, tale, onderskeie gebiede en nasies.
32Dit is die geskiedenis oor die afstammelinge van Noag se seuns, aangedui volgens hulle afstamming en onderskeie nasies.
Dit is die stamme waaruit die nasies wat ná die vloed oor die aarde versprei het, afkomstig was.

Currently Selected:

GENESIS 10: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy