YouVersion Logo
Search Icon

KOLOSSENSE 4

4
1Eienaars, behandel julle slawe reg en billik. Onthou dat julle ook ’n Eienaar#4:1 Of Heer. het – in die hemel!
Julle moet aanhou bid en met wysheid optree
2Volhard in die gebed. Bid terwyl julle geestelik waaksaam en dankbaar is. 3Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God ons geleentheid sal gee#4:3 Grondteks ’n deur vir die woord sal oopmaak. om oor die geheim van Christus te praat. Dis hoekom ek in die gevangenis is! 4Bid dat wanneer ek daaroor praat, ek dit so duidelik sal uitlê soos ek dit moet doen.
5In julle verhouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut. 6Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol#4:6 Grondteks met sout gegeur. is, moet julle gereed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.
Laaste opdragte en groete
7Tigikus, die geliefde broer en ’n getroue dienaar en mededienskneg van die Here, sal julle alles oor my omstandighede vertel. 8Hiervoor stuur ek hom na julle toe: dat julle kan weet hoe dit met ons gaan, en om julle moed in te praat. 9Hy kom met Onesimus, die getroue en geliefde broer; hy is een van julle. Hulle sal julle alles vertel wat hier gebeur het.
10Aristargus, wat saam met my ’n gevangene is, stuur groete, en ook Markus, Barnabas se neef. Oor hom het julle reeds opdragte ontvang. As hy daar kom, moet julle hom verwelkom. 11Dieselfde geld ook vir Jesus wat Justus genoem word. Hulle twee is die enigste Jode#4:11 Grondteks die enigste uit die besnydenis. wat met my saamwerk vir God se koningsheerskappy. Wat ’n troos is hulle vir my!
12Epafras stuur vir julle groete. Hy is een van julle en ’n dienskneg van Christus Jesus. Hy bid altyd ernstig vir julle dat julle as volwasse gelowiges met volle oortuiging in alles die wil van God sal bly doen. 13Ek kan regtig daarvan getuig dat hy hom baie oor julle bekommer, en ook oor al die gelowiges in Laodisea en Hiërapolis.
14Lukas, ons geliefde dokter, stuur vir julle groete, en ook Demas. 15Groet asseblief die broers en susters#4:15 Grondteks broers. in Laodisea. Groet ook Nimfa en haar huisgemeente.
16Verder, wanneer hierdie brief klaar by julle voorgelees is, moet julle sorg dat dit ook in die gemeente van Laodisea voorgelees word, en dat die een wat van Laodisea af sal kom, ook by julle voorgelees word. 17Verder, sê vir Argippus: “Maak seker dat jy die bediening uitvoer wat jy in diens van die Here#4:17 Grondteks in die Here. aanvaar het.”
18 Hier is my groete in my eie handskrif – van Paulus.
Dink aan my hier in die tronk!#4:18a Grondteks Onthou my boeie.
Mag die genade#4:18b Of onverdiende goedheid. van God met julle wees.

Currently Selected:

KOLOSSENSE 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy