YouVersion Logo
Search Icon

HANDELINGE 7

7
Stefanus lewer ’n kragtige getuienis voor die Joodse Raad
1Die hoofpriester vra toe vir Stefanus: “Is hierdie aanklagte waar?”
2Toe het Stefanus gesê: “Medegelowiges#7:2a Grondteks Manne-broers., luister na my! Ons glorieryke God het in Mesopotamië#7:2b Mesopotamië is die streek wat tans as Irak bekend staan. aan ons voorvader Abraham verskyn voordat hy Haran#7:2c Haran was ’n stad in die huidige Sirië. toe is. 3God het vir hom gesê: ‘Verlaat jou geboorteland en jou familie, en gaan na die land toe wat Ek vir jou sal wys.’#7:3 Gen 12:1. 4Abraham het toe die land van die Galdeërs verlaat en in Haran gaan woon. Ná sy pa se dood het God hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waar julle nou woon. 5God het hom geen eiendom as erfdeel hier gegee nie, selfs nie ’n vierkante meter nie. God het egter belowe dat die hele land syne en sy nageslag s’n sal wees, al het hy toe nog geen kind gehad nie.
6“God het egter ook gesê dat sy nageslag as uitlanders sal woon in ’n vreemde land, waar hulle vir 400 jaar as slawe mishandel sal word. 7‘Maar Ék sal die nasie straf wat hulle as slawe laat werk,’ het God gesê, ‘en uiteindelik sal hulle wegtrek en My op hierdie plek aanbid.’#7:5-7 Gen 12:7; 15:13-14; Eks 3:12. 8God het in hierdie tyd vir Abraham die verbond gegee waarvan die besnydenis die teken is. So het dit gekom dat Abraham sy seun Isak besny het toe hy agt dae oud was. Isak het dieselfde gedoen met Jakob, en Jakob met die twaalf stamvaders.
9“Hierdie seuns van Jakob was jaloers op hulle broer Josef, en hulle het hom verkoop om ’n slaaf in Egipte te wees. Maar God was by hom 10en het hom uit al sy swaarkry gered. God het gemaak dat Farao, die koning van Egipte, van hom hou. God het ook besondere wysheid aan Josef gegee sodat Farao hom as onderkoning oor Egipte en as hoof van sy hele huishouding aangestel het.
11“Toe het daar hongersnood in die hele Egipte en ook in Kanaän gekom. Ons voorouers het baie swaar gehad, want hulle kos het opgeraak.
12“Toe Jakob hoor dat daar in Egipte koring is, het hy sy seuns#7:12 Grondteks ons vaders. gestuur om daarvan te gaan koop. 13Op hulle tweede besoek het Josef sy ware identiteit aan sy broers bekendgemaak, en hulle aan Farao voorgestel. 14Josef het sy pa, Jakob, en sy hele familie laat haal, altesaam 75 mense. 15So is Jakob Egipte toe. Hy is daar dood, en ook al sy seuns#7:15 Grondteks en ook ons vaders.. 16Hulle is na Sigem toe gebring en begrawe in die grafgrot wat Abraham daar met geld by die seuns van Hemor gekoop het.
17“Soos die tyd dat God sy belofte aan Abraham sou vervul, nadergekom het, het ons volk in Egipte tot ’n groot getal aangegroei. 18’n Nuwe koning, wat niks van Josef geweet het nie, het egter in Egipte aan die bewind gekom. 19Hierdie koning het ’n slinkse plan teen ons mense beraam en ons voorouers verplig om hulle babatjies buite aan hulle lot oor te laat sodat hulle sou sterf.
20“In dié tyd is Moses gebore, en hy was besonder mooi. Sy ouers het hom drie maande lank tuis versorg. 21Toe hulle hom uiteindelik buite aan sy lot moes oorlaat, het die farao se dogter hom gekry, en sy het hom as haar eie seun grootgemaak. 22Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en hy het met woord en daad#7:22 Grondteks met die praat en doen. presteer.
23“Op 40-jarige leeftyd het hy besluit om te gaan kyk hoe dit met sy mense, die volk Israel, gaan. 24Tydens sy besoek het hy gesien hoe ’n Egiptenaar een van die Israeliete aanrand, en hy het die slagoffer gaan help. Tydens sy vergelding het hy die Egiptenaar doodgemaak. 25Hy het gemeen sy mense sou begryp dat God hom gestuur het om hulle te verlos, maar hulle het nie.
26“Toe hy die volgende dag weer daar kom, kry hy twee Israeliete wat baklei. Hy het probeer vrede maak, en sê: ‘Manne, julle is tog volksgenote#7:26 Grondteks broers.! Hoekom maak julle mekaar seer?’
27“Maar die een wat die oorsaak van die bakleiery was, stamp Moses eenkant toe en sê vir hom om hulle uit te los. ‘Wie het jou ons leier en regter gemaak? 28Wil jy my ook vermoor, soos jy gister die Egiptenaar vermoor het?’ 29Toe Moses dit hoor, het hy gevlug en as uitlander in die land Midian gaan woon. Dáár het hy die pa geword van twee seuns.
30“’n Engel het 40 jaar later in die woestyn by Sinaiberg in die vlam van ’n brandende doringbos aan Moses verskyn. 31Moses het dit gesien en gewonder wat aangaan. Toe hy nadergaan om dit te bekyk, kom die stem van die Here: 32‘Ek is die God van jou voorvaders – die God van Abraham, Isak en Jakob.’ Moses was só bang dat hy gebewe het; hy het dit nie gewaag om te kyk nie.
33“En die Here het vir hom gesê: ‘Trek jou sandale uit, want jy staan op gewyde grond. 34Die mishandeling van my volk in Egipte het Ek inderdaad gesien. Ek het hulle hulpgeroep gehoor. Hier is Ek nou om hulle te red. Kom, Ek stuur jou nou Egipte toe.’#7:31-34 Eks 3:5-10. 35Só, deur die engel wat in die brandende doringbos aan hom verskyn het, het God juis hóm as leier en redder na die Israeliete toe gestuur, dieselfde Moses vir wie die Israeliete verwerp het en toegesnou het: ‘Wie het jou ons leier en regter gemaak?’ 36So het dit gekom dat Moses hulle uitgelei het. Dit het gepaardgegaan met baie wonders en tekens wat hy oor die verloop van 40 jaar in Egipte, die Rooisee en in die woestyn gedoen het.
37“Hierdie selfde Moses het vir die volk Israel gesê: ‘God sal uit julle eie geledere vir julle ’n Profeet soos ek laat voortkom.’#7:37 Deut 18:15. 38Dit is dieselfde Moses wat, toe die volk as gemeente daar in die woestyn was#7:38 Grondteks in die woestyn in vergadering was., as tussenganger opgetree het tussen ons voorouers en die engel wat op Sinaiberg met hom gepraat het. Hy het lewende woorde ontvang om aan ons oor te dra.
39“Ons voorouers het hom egter geïgnoreer, en hulle wou teruggaan Egipte toe. 40Toe het hulle vir Aäron gesê: ‘Maak vir ons gode wat ons kan lei, want hierdie Moses wat ons uit Egipte uitgelei het – ons weet nie wat met hom gebeur het nie.’ 41Hulle het toe ’n kalf-afgodsbeeld gemaak en aan dié afgod offers gebring. Hulle was baie ingenome met wat hulle gedoen het. 42Maar God het sy rug op hulle gedraai en hulle laat begaan. Hulle het die son, die maan en die sterre as hulle gode gedien#7:42a Grondteks Hulle het die hemelse weermag aanbid.! So staan dit in die boek van die profete geskryf:
‘Was dit vir Mý dat julle
die offers#7:42b Grondteks die brandoffers en diere-offers. gebring het
gedurende die 40 jaar
in die woestyn, Israel#7:42c Grondteks huis van Israel.?
43Nee! Julle het net oë en ore gehad
vir julle afgode:
die heiligdom#7:43a Grondteks tent. van Molek,
en die stergod Refan#7:43b Grondteks die ster van julle god Refan.,
die beelde wat julle gemaak het
om te aanbid.
Daarom sal Ek julle as gevangenes
ver weg stuur tot anderkant
Babilon.’#7:42-43 Am 5:25-27.
44“Ons voorgeslag#7:44a Grondteks vaders. het die tabernakel#7:44b Grondteks tent van die getuienis. by hulle in die woestyn gehad. Dié tabernakel is gemaak presies volgens die plan wat God aan Moses gewys het. 45Jare later, toe Josua die gevegte aangevoer het teen die volke wat God uit die land verdryf het, het hulle die tabernakel saamgeneem na hulle nuwe land toe. Daar is dit gebruik tot in die tyd van koning Dawid.
46“Dawid het God se genade#7:46a Of onverdiende goedheid. ervaar, en het gevra vir die voorreg om ’n tempel vir die huis van Jakob#7:46b Sommige manuskripte vir die God van Jakob. te bou. 47Dit was egter Salomo wat die tempel#7:47 Of huis. vir God gebou het. 48Die Allerhoogste woon egter nie in mensgemaakte plekke nie. Soos die profeet dit stel:
49‘Die hemel is my troon,
en die aarde is my voetbank.
Enige tempel
wat julle vir My bou,
skiet ver tekort,’ sê die Here.
‘Kan julle ’n blyplek
vir My bou?
50‘Het Ek nie self
al hierdie dinge
gemaak nie#7:50 Grondteks Het my hand nie al hierdie dinge gemaak nie.?’#7:49-50 Jes 66:1-2.
51“Julle hardkoppiges! In julle harte is julle nie-Jode. Julle is doof vir die woord van God!#7:51a Grondteks Julle is onbesnede in julle harte en julle ore. Moet julle alewig die Heilige Gees weerstaan? Maar julle voorouers#7:51b, 52 Grondteks vaders. het dit gedoen, en julle doen dit nou ook! 52Noem een profeet vir wie julle voorouers#7:51b, 52 Grondteks vaders. nie vervolg het nie! Hulle het selfs dié doodgemaak wat die koms van die Regverdige voorspel het – die Messias wat julle uitgelewer en vermoor het. 53Júlle het die wet van God#7:53 Grondteks wet. nié uitgeleef nie, alhoewel julle dit deur bemiddeling van engele ontvang het.”
Stefanus betaal die hoogste prys
54Die Joodse leiers was woedend oor Stefanus se aanklag, en hulle het hulle woede gewys#7:54 Grondteks hulle het op hulle tande gekners.. 55Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het aanhou opkyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien. Hy het Jesus in die regeerposisie reg langs God#7:55, 56b Grondteks aan die regterhand van God. sien staan. 56“Kyk,” het hy gesê, “ek sien die hemel#7:56a Grondteks hemele. óóp en die Seun van die Mens in die regeerposisie reg langs God#7:55, 56b Grondteks aan die regterhand van God. staan!”
57Toe het hulle hulle ore toegedruk en hom doodgeskreeu. Soos een man het hulle op hom afgestorm. 58Hulle het hom uit die stad gesleep en hom met klippe doodgegooi. Die amptelike getuies het hulle klere uitgetrek en by die voete van ’n jong man met die naam Saulus#7:58 Saulus word vanaf Hand 13:9 Paulus genoem. neergesit.
59Terwyl hulle besig was om Stefanus te stenig, het hy gebid: “Here Jesus, ontvang my gees.” 60Hy het op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moenie hierdie sonde teen hulle hou nie!” Met hierdie woorde het hy gesterf.

Currently Selected:

HANDELINGE 7: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy