YouVersion Logo
Search Icon

HANDELINGE 6

6
Sewe mans word vir ’n spesifieke diens in die gemeente gekies
1Namate die aantal gelowiges#6:1a Grondteks dissipels. steeds toegeneem het, het daar klagtes gekom. Die Griekssprekendes het gekla oor die daaglikse verspreiding van kos aan hulle weduwees. Hulle het beweer dat die Arameessprekendes#6:1b Grondteks Hebreeussprekendes. hulle afskeep. 2Die Twaalf roep toe al die gelowiges bymekaar en sê vir hulle:
“Ons as apostels behoort ons besig te hou met die verkondiging van die woord van God, nie met die verspreiding van kos nie. 3Medegelowiges#6:3 Grondteks Broers., kies sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel. 4Óns sal dan al ons tyd bestee aan gebed en die bediening van die woord.”
5Die voorstel het by almal byval gevind, en hulle het die volgende mans verkies: Stefanus (’n man vol van geloof en die Heilige Gees), Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus van Antiogië (wat voorheen ’n Joodse proseliet#6:5 ’n Proseliet was ’n nie-Jood wat die Joodse godsdiens ten volle aanvaar het. was). 6Hierdie sewe is aan die apostels voorgestel, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê om hulle vir hulle taak toe te rus.
7Die woord van God het verder versprei, en die aantal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs ’n groot klomp priesters het gelowig geword.
Stefanus word gearresteer
8Stefanus, ’n man vol van God se genade#6:8 Of onverdiende goedheid. en krag, het wonders en groot tekens onder die mense gedoen. 9Op ’n dag het ’n klompie lede van die sogenaamde “Sinagoge van die Vrygelate Slawe” met hom in debat getree. Hulle was Jode wat van Sirene en Aleksandrië, en van die provinsies Silisië en Asië gekom het. 10Hulle was egter nie opgewasse teen die wysheid en die Gees waarmee hy gepraat het nie.
11Toe het hulle mans omgekoop om oor Stefanus te jok en te sê: “Ons het hom beledigende dinge teen Moses en selfs teen God hoor sê.” 12Só het hulle dit reggekry om die skares en die familiehoofde#6:12a Of oudstes. en die skrifkenners op te sweep. Dié het Stefanus gearresteer en hom voor die Joodse Raad#6:12b Grondteks Sanhedrin. gebring.
13Die vals getuies het gesê: “Hierdie man hou aan om afbrekend van die tempel#6:13, 14 Grondteks hierdie heilige plek. en van die wet van Moses te praat. 14Ons het hom regtig hoor sê dat hierdie Jesus van Nasaret die tempel#6:13, 14 Grondteks hierdie heilige plek. sal verwoes en die tradisies wat Moses vir ons gegee het, sal verander.” 15Al die raadslede het stip na Stefanus gekyk en gesien dat sy gesig soos dié van ’n engel skitter.

Currently Selected:

HANDELINGE 6: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy