YouVersion Logo
Search Icon

HANDELINGE 23

23
1Paulus het die Joodse Raad#23:1a, 6a Grondteks Sanhedrin. reguit in die oë gekyk en begin praat: “Geagte broers#23:1b Grondteks Manne-broers., met ’n absoluut goeie gewete het ek my lewe tot vandag toe in diens van God gelei!”
2Toe het die hoofpriester Ananias die mense wat by Paulus staan, beveel om hom op die mond te klap. 3Daarop sê Paulus vir hom: “God gaan jóú klap, jou skynheilige#23:3 Grondteks jou witgepleisterde muur.! Hier sit jý om my volgens ons wet te verhoor, maar in stryd met die wet beveel jy dat ek geklap moet word!”
4Die mense by Paulus sê toe vir hom: “Dis die hoofpriester van God wat jy so uitskel!”
5“Jammer, broers#23:5a Of volksgenote.. Ek het nie besef hy is die hoofpriester nie,” het Paulus gereageer. “Daar staan inderdaad geskryf: ‘’n Leier van jou volk mag jy nie beledig nie.’#23:5b Eks 22:28.
6Paulus het besef dat ’n deel van die Joodse Raad#23:1a, 6a Grondteks Sanhedrin. Sadduseërs was en ’n ander deel Fariseërs, en daarom roep hy toe in die raad uit: “Geagte broers#23:6b Grondteks Manne-broers., ek is ’n Fariseër en ek is uit ’n Fariseërfamilie. Dit is oor my toekomsverwagting oor die opstanding van die dooies#23:6c Grondteks oor hoop en die opstanding van die dooies. dat ek verhoor word!”
7Toe hy dit sê, het die Fariseërs en die Sadduseërs onder mekaar begin stry, en die vergadering het verdeeld geraak, 8want die Sadduseërs sê daar is geen opstanding nie, en ook nie engele en geeste nie; die Fariseërs glo weer dat al drie bestaan. 9’n Hewige woordewisseling het toe ontstaan. Sommige van die skrifkenners uit die Fariseërparty het opgespring en baie heftig hulle saak gestel: “Ons vind niks slegs in hierdie man nie,” het hulle geskreeu. “Miskien het ’n gees of ’n engel met hom gepraat.”
10Die bakleiery het só erg geword dat die offisier oor duisend man bang was dat hulle Paulus uitmekaar sou skeur. Daarom het hy sy eenheid beveel om hom tussen hulle te gaan uithaal en terug te bring kaserne toe.
11Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesê: “Hou moed! Net soos jy hier in Jerusalem oor My getuig het, só moet jy ook in Rome doen.”
’n Komplot word gesmee om Paulus te vermoor
12Toe dit dag word, het die Jode ’n komplot gesmee. Hulle het gesweer dat hulle nie sou eet of drink voordat hulle Paulus doodgemaak het nie. 13Meer as 40 mense het só saamgesweer. 14Hulle het na die priesterhoofde en die familiehoofde gegaan en gesê: “Ons het ons met ’n eed verbind om nie aan iets te proe totdat ons Paulus dood het nie. 15Julle en die Joodse Raad#23:15 Grondteks Sanhedrin. moet die offisier oor duisend man laat weet dat Paulus weer voor julle gebring moet word. Julle kan voorgee dat julle sy saak noukeuriger wil ondersoek. Ons is reg om hom voor sy aankoms permanent uit die weg te ruim.”
16Paulus se susterskind het egter gehoor van die hinderlaag. Hy is na die kaserne toe en het by die barakke ingekom en Paulus ingelig. 17Paulus roep toe een van die offisiere oor honderd man en sê vir hom: “Vat hierdie jong man na die offisier oor duisend man toe, want hy het iets om aan hom te rapporteer.”
18Hy vat hom toe na die offisier oor duisend man toe en sê: “Paulus, die gevangene, het my geroep en my gevra om hierdie jong man na u toe te bring omdat hy iets het om aan u te rapporteer.”
19Die offisier vat hom toe aan die hand, gaan met hom eenkant toe en vra vir hom: “Wat is dit wat jy aan my wil rapporteer?”
20Hy het geantwoord: “Die Jode het ooreengekom om u te vra om Paulus môre weer voor die Raad#23:20, 28 Grondteks Sanhedrin. te bring, kwansuis om sy saak noukeuriger te ondersoek. 21U moet u nie deur hulle laat oorreed nie, want meer as 40 mans uit hulle geledere lê hom voor om hom te vermoor. Hulle het gesweer dat hulle nie sal eet of drink voordat hulle hom permanent uit die weg geruim het nie. Hulle is gereed en wag nou net vir instemming van u kant af.”
22Die offisier het hom toe dié opdrag gegee: “Moenie vir iemand sê dat jy dit vir my vertel het nie.” En hy het die jong man laat gaan.
Paulus word Sesarea toe gestuur
23Die offisier oor duisend man het toe twee van die offisiere oor honderd man geroep en hulle beveel: “Maak 200 soldate, 70 perderuiters en 200 spiesvegters gereed om teen nege-uur vanaand Sesarea toe te vertrek. 24Sorg dat daar rydiere vir Paulus is, en bring hom veilig by goewerneur Feliks.” 25Toe skryf hy hierdie brief:
26Claudius Lisias skryf aan die hooggeagte goewerneur Feliks. Groete!
27Hierdie man is deur die Jode gearresteer en hulle was op die punt om hom te vermoor toe ek met my eenheid ingegryp het. Omdat ek agtergekom het dat hy ’n Romeinse burger is, het ek hom in beskerming geneem. 28Ek wou uitvind wat hulle beskuldiging teen hom is, en het hom daarom voor hulle Raad#23:20, 28 Grondteks Sanhedrin. gebring. 29Ek het bevind dat die klag gaan oor twispunte in verband met hulle wet, verseker nie ’n klag wat die dood of tronkstraf verdien nie.
30Toe ek verneem het daar is ’n komplot teen die man, het ek hom dadelik na u toe gestuur. Sy aanklaers het ek aangesê om hulle klagte teen hom aan u voor te lê.
31Die soldate het ooreenkomstig hulle opdrag vir Paulus gevat en hom dwarsdeur die nag begelei tot in Antipatris. 32Die volgende dag het hulle teruggekeer kaserne toe terwyl die berede soldate met hom Sesarea toe is. 33Toe hulle in Sesarea aankom, het hulle die brief vir die goewerneur gegee en Paulus aan hom oorhandig. 34Hy het die brief gelees en Paulus gevra van watter provinsie hy is. Hy hoor toe dat hy van Silisië af kom.
35“Ek sal jou verhoor sodra jou aanklaers kom,” het die goewerneur gesê. Toe het hy beveel dat Paulus in die paleis#23:35 Grondteks praetorium. van Herodes onder arres gehou word.

Currently Selected:

HANDELINGE 23: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy