YouVersion Logo
Search Icon

HANDELINGE 12

12
Jakobus word vermoor en Petrus gearresteer
1In dié tyd het koning Herodes Agrippa#12:1 Grondteks koning Herodes;’n kleinseun van Herodes die Grote. party van dié wat aan die kerk behoort, laat arresteer en hulle mishandel. 2Hy het Jakobus, die broer van Johannes, met ’n swaard laat vermoor. 3Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind, het hy nog verder gegaan deur ook Petrus tydens die Fees#12:3 Grondteks dae. van die Ongesuurde Brood te laat arresteer. 4Hy het hom in die tronk gesit en deur vier afdelings van vier soldate elk laat bewaak. Herodes wou hom ná Paasfees in die openbaar verhoor#12:4, 6 Grondteks voor die volk bring..
5So is Petrus dan in die tronk bewaak. Die kerk het aanhoudend vir hom tot God gebid.
Petrus word uit die tronk bevry
6Die nag voordat Herodes hom in die openbaar sou verhoor#12:4, 6 Grondteks voor die volk bring., het Petrus tussen twee soldate geslaap terwyl hy met twee kettings geboei was en ander wagte die tronkdeur bewaak. 7Meteens staan daar ’n engel van die Here by Petrus, en ’n lig skyn in die sel. Die engel stoot toe aan Petrus se sy, en maak hom wakker en sê: “Staan gou op!” Die boeie het van sy polse afgeval. 8Toe sê die engel vir hom: “Maak vas jou belt en trek jou sandale aan.” Hy het so gemaak. Daarna sê die engel vir hom: “Trek jou bo-kleed aan en kom agter my aan.”
9Petrus het hom uit die sel gevolg. Hy het nie besef dat die optrede van die engel werklikheid was nie, maar het gedink hy sien ’n gesig. 10Hulle is by die eerste wag verby en ook by die tweede, en toe hulle by die ysterhek kom wat na die stad toe lei, het dit vanself vir hulle oopgegaan. Hulle het buitentoe gegaan en ’n ent met die straat af gestap. Toe het die engel Petrus skielik verlaat.
11Uiteindelik dring dit tot Petrus deur wat met hom gebeur het en hy sê vir homself: “Nou besef ek eers regtig dat die Here sy engel gestuur het en my uit die mag#12:11 Grondteks hand. van Herodes gered het en van die kwaad wat die Jode gehoop het om my aan te doen!”
12Toe dit vir hom duidelik geword het, is hy na die huis van Maria, die ma van Johannes (sy noemnaam is Markus), waar ’n taamlike groep saam was en gebid het. 13Hy het aan die buitedeur geklop, en ’n diensmeisie met die naam Rodé het kom hoor wie dit is. 14Toe sy Petrus se stem herken, het sy van blydskap nie die deur oopgemaak nie, maar binnetoe gehardloop en uitgeroep dat Petrus by die buitedeur staan!
15Maar hulle het vir haar gesê: “Jy is skoon van jou wysie af!” Toe sy egter daarmee volhou, het hulle gesê: “Dan is dit seker Petrus se engel.”
16Intussen het Petrus weer geklop. Toe hulle oopmaak en hom sien, was hulle baie verbaas. 17Hy het met sy hand vir hulle beduie om stil te raak en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het. “Vertel vir Jakobus en die ander gelowiges#12:17 Grondteks broers. wat gebeur het,” het hy gesê. Hy is buitentoe, en het elders heen vertrek.
18Toe dit dag word, was daar groot ontsteltenis onder die soldate oor wat van Petrus geword het. 19Herodes Agrippa het hom laat soek. Toe hulle hom nie kon kry nie, het hy die wagte verhoor en bevel gegee dat hulle tereggestel word. Hierna het Herodes van Judea na Sesarea toe gegaan en ’n tyd daar gebly.
Herodes sterf ’n aaklige dood
20Herodes was destyds baie kwaad vir die mense van Tirus en Sidon. Daarom het hulle ’n gesamentlike afvaardiging na hom toe gestuur met ’n vredesvoorstel omdat hulle stede vir kos van Herodes se land afhanklik was.
Hulle het Blastus, die koning se kamerbediende, oorgehaal om vir hulle ’n oudiënsie by Herodes te kry. 21Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy verhoog gaan sit en hulle in die openbaar toegespreek. 22Die mense het hom toegejuig: “Dit is die stem van ’n god, nie van ’n mens nie!”
23Onmiddellik het ’n engel van die Here Herodes getref omdat hy die verering aanvaar en nie aan God gegee het nie#12:23 Grondteks omdat hy nie die eer aan God gegee het nie.. Hy is deur wurms gevreet en het gesterf.
24Maar die Goeie Nuus#12:24 Grondteks die woord van God. het verder versprei en baie het tot geloof gekom.
25Barnabas en Saulus het teruggekom nadat hulle hulle opdrag in Jerusalem voltooi het. Hulle het vir Johannes, met die noemnaam Markus, saamgeneem.

Currently Selected:

HANDELINGE 12: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy