YouVersion Logo
Search Icon

ROMEINE 12

12
Wat dit van ons vra om ons as lewende offers aan God toe te wy
1Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters#12:1a Grondteks broers.: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het#12:1b Soos beskryf in die voorafgaande hoofstukke., gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. 2Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.
3Namens Hom wat my in sy genade#12:3, 6a Of onverdiende goedheid. tot sy apostel gemaak het, sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het. 4Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het. 5Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig.
6Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade#12:3, 6a Of onverdiende goedheid. wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik. As God aan jou die gawe gegee het om te profeteer#12:6b Of God se wil bekend te maak., moet jy dit aanwend in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings. 7As dit is om ander te dien, doen dit met oorgawe. As jy onderrig gee, gee dan kwaliteitonderrig. 8As dit is om ander op te beur, lê jou daarop toe. As jy materiële ondersteuning kan gee, doen dit sonder bymotiewe. As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding. En as jy die gawe het om ander in hulle nood by te staan, doen dit met ’n vrolike hart.
9Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart. Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is. 10As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. 11Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here.
12Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie. 13As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om ’n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak ’n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie.
14As mense julle oor julle geloof vervolg, moenie ’n vloek oor hulle uitspreek nie, maar vra God om hulle te seën. 15As ander blydskap ervaar, juig saam met hulle. As hulle hartseer is, deel dit met hulle. 16Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder. Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie.
17Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. 18Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.
19Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif:
“Dit is mý reg om te straf;
Ek sal vergeld,
sê die Here.”#12:19 Deut 32:35.
20Doen eerder wat die Skrif sê:
“As jou vyande honger is,
gee aan hulle iets om te eet.
As hulle dors is, les hulle dors.
Deur dit te doen, sal julle
hulle bloedrooi van skaamte
maak.”#12:20 Spr 25:21-22. Die slotsin van die aanhaling lees in die grondteks So sal julle vurige kole op hulle koppe gooi.
21Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom.

Currently Selected:

ROMEINE 12: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy