YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 54

54
Geweldenaars soek my lewe
1Vir die koorleier: Met snarespel. ’n Gedig van Dawid, 2met verwysing na die gebeurtenis toe die Siffiete gekom het en vir Saul gesê het: Dawid kruip weg by ons.
3O God, red my
deur die mag van u Naam!
Laat aan my reg geskied
deur u krag.
4O God, luister na my gebed.
Gee aandag aan my smeking.
5Want vreemdelinge val my aan;
geweldenaars soek my lewe.
Hulle steur hulle nie
aan God nie.
Sela
6Maar God is my Helper.
Die Here ondersteun my!
7Laat my vyande
se onheilsplanne
teen hulle draai.
Maak tog ’n einde aan hulle,
want U is getrou.
8Ek sal ’n vrywillige dankoffer
aan U bring.
Ek sal u Naam loof, Here,
want dit is goed.
9Uit al my benoudheid
het U my bevry.
Die triomf oor my vyande
kon ek self sien.

Currently Selected:

PSALMS 54: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy