YouVersion Logo
Search Icon

NEHEMIA 12

12
’n Lys van die priesters en die Leviete
1Hier volg ’n lys van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra, 2Amarja, Malluk, Gattus, 3Sekanja, Regum, Merajot, 4Iddo, Ginneton, Abia, 5Mijamin, Maädja, Bilga, 6Semaja, Jojarib, Jedaja, 7Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja.
Hulle was die hoofde van die priesters en van hulle ampsgenote in die tyd van Jesua.
8Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy ampsgenote was verantwoordelik vir die lofsang. 9Hulle medewerkers Bakbukja en Unni het regoor hulle diens gedoen.
10Jesua was die vader van Jojakim, Jojakim die vader van Eljasib, Eljasib van Jojada; 11Jojada was die vader van Jonatan en Jonatan die vader van Jaddua.
12In die tyd van Jojakim was die volgende persone hoofde van die priesterfamilies: Meraja was hoof van die familie Seraja, Gananja van Jeremia, 13Mesullam van Esra, Joganan van Amarja, 14Jonatan van Malluk, Josef van Sebanja, 15Adna van Garim, Gelkai van Merajot, 16Sagaria van Iddo, Mesullam van Ginneton, 17Sikri van Abia, Piltai van Mijamin en Maädja, 18Sammua van Bilga, Jonatan van Semaja, 19Mattenai van Jojarib, Ussi van Jedaja, 20Kallai van Sallu, Eber van Amok, 21Gasabja van Gilkija, Netanel van Jedaja.
22Tydens die regering van Darius van Persië, in die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua, is die name van die familiehoofde van die Leviete en die priesters opgeskryf. 23Die Levitiese familiehoofde is opgeskryf in die Kroniekboeke tot die tyd van Joganan seun van Eljasib.
24Die leiers van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Oorkant hulle was hulle medewerkers wat die Here moes loof en dank. Die groepe het regoor mekaar gestaan en beurtelings op mekaar gereageer soos Dawid, die man van God, aan hulle voorgeskryf het om te doen. 25Die ander was Mattanja, Bakbukja en Obadja.
Mesullam, Talmon en Akkub was deurwagte wat by die voorraadkamers in die poorte diens gedoen het. 26Hierdie mense het in die tyd van Jojakim seun van Jesua, seun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die priester en skrifkenner Esra diens gedoen.
Inwyding van die muur van Jerusalem
27Met die inwyding van die muur om Jerusalem het hulle die Leviete oral by hulle huise gaan soek en gevra om na Jerusalem toe te kom. Hulle moes met die seremonies help en met lofliedere en die musiek van simbale, harpe en liere aan die feesvierings deelneem. 28Hulle het sangers uit die omgewing van Jerusalem en uit die Netofanedorpies bymekaargebring. 29Verder ook uit Bet-Gilgal en uit die landelike gebiede van Geba en Bet-Asmawet. Die sangers het almal hulle blyplekke rondom Jerusalem gebou. 30Die priesters en die Leviete het eers hulleself gereinig en daarna die mense, die poorte en die muur.
31Ek het die leiers van Juda op die muur laat klim en toe twee groot kore saamgestel om lofliedere te sing. Ek het die een koor suid op die muur langs laat loop tot by die Vullispoort. 32Agter hulle het Hosaja en die helfte van die leiers van Juda geloop, 33en verder Asarja, Esra, Mesullam, 34Juda en Benjamin, Semaja en Jeremia. 35Daar het ook ’n aantal priesters met trompette geloop. Hulle was Sagaria seun van Jonatan, seun van Semaja, seun van Mattanja, seun van Miga, seun van Sakkur, seun van Asaf. 36Laastens het sy medewerkers Semaja, Asarel, Milalai, Gilalai, Maäi, Netanel, Juda en Ganani met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God, gekom. Die skrifkenner Esra het die optog gelei. 37By die Fonteinpoort het hulle reguit met die trappe teen die skuinste van die muur opgestap na die Dawidstad toe. Hulle het bokant die paleis van Dawid langs gestap tot by die Waterpoort aan die oostekant.
38Die ander koor wat ook lofliedere gesing het, het noord geloop. Ek en die ander helfte van die ander mense het hulle op die muur langs gevolg, oor die Bakoondtoring tot by die Breë Muur, 39van daar af verder bokant die Efraimspoort verby na die Ou Stadspoort toe, verby die Vispoort en die Gananeltoring. Ons het aangehou verby die Toring van die Honderd tot by die Skaappoort en toe by die Wagpoort gaan staan.
40Die twee kore het daarna hulle plekke in die tempel ingeneem. Ek en die helfte van die leiers saam met my het dieselfde gedoen. 41Die priesters Eljakim, Maäseja, Mijamin, Miga, Eljoënai, Sagaria en Gananja het die trompette geblaas. 42Maäseja, Semaja, Eleasar, Ussi, Joganan, Malkija, Elam en Eser het dit ook gedoen. Die kore het onder leiding van Jisragja gesing.
43Hulle het daardie dag baie offers gebring. Die mense was bly, want God het hulle baie rede gegee om bly te wees. Die vroue en kinders was ook bly. ’n Mens kon die blydskap van die mense in Jerusalem ver hoor.
Die tempelonderhoud
44Daardie dag het hulle mans aangestel oor die voorraadkamers vir die offergawes, die eerste deel van die oes en die tiendes. Dit was hulle verantwoordelikheid om die deel in te samel wat die wet bepaal het dat die priesters en die Leviete uit die landerye om die dorpe moes kry. Die mense van Juda was baie tevrede met die werk wat die priesters en die Leviete gedoen het. 45Die priesters en die Leviete het hulle beurte in diens van God gedoen. Hulle het ook die voorskrifte vir die reiniging nagekom. Die sangers en die poortwagte het ook hulle werk gedoen volgens die reëls wat Dawid en sy seun Salomo neergelê het. 46Die tradisie om koorleiers te hê wat die koor in lof- en dankliedere lei, het reeds in die tyd van Dawid en Asaf al bestaan. 47In die tyd van Serubbabel en Nehemia het die hele Israel vir die sangers en die poortwagte se onderhoud gesorg soos dit elke dag nodig was. Hulle het ook vir die Leviete die deel gegee wat hulle toekom. Die Leviete het op hulle beurt weer gesorg dat die priesters, die nageslag van Aäron, dié deel kry wat hulle toekom.

Currently Selected:

NEHEMIA 12: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy