YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 15

15
God se opdrag is belangriker as tradisies
1Daar kom toe Fariseërs en skrifkenners van Jerusalem af na Jesus toe en sê: 2“Waarom verbreek jou dissipels ons voorouers se tradisies deur nie hulle hande voor ete te was nie?”
3Jesus se reaksie was: “En waarom verbreek julle, deur julle tradisie, die direkte opdrag van God? 4God sê byvoorbeeld: ‘Jy moet jou pa en ma eer,’#15:4a Eks 20:12; Deut 5:16. en: ‘Elkeen wat sy pa of ma slegmaak, moet definitief sterf.’#15:4b Eks 21:17; Lev 20:9. 5-6Julle sê egter: ‘As jy jou bates as ’n offer aan die Here toewy, hoef jy nie meer jou ouers te eer deur hulle te ondersteun nie.’ So trek julle met julle tradisie ’n streep deur die woord van God. 7Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja het julle raak beskryf:
8‘Hierdie volk eer My
met hulle mond,
maar hulle hart
is ver van My af.
9Hulle godsdiens is blote skyn,
want hulle hou menslike
voorskrifte voor
as wette van God.’#15:8-9 Jes 29:13.
Onreinheid kom uit ’n mens se binneste
10Daarop het Jesus die skare nadergeroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan goed. 11’n Mens word nie onrein gemaak deur wat jy eet nie#15:11a Grondteks deur wat in jou mond ingaan nie., maar deur wat jy sê#15:11b Grondteks deur wat uit jou mond uitgaan..”
12Toe kom sy dissipels nader en vra Hom: “Besef U dat die Fariseërs aanstoot geneem het toe hulle hoor wat U sê?”
13Maar Hy het geantwoord: “Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal uitgetrek word. 14Ignoreer hulle. Hulle is blinde gidse wat blindes wil lei. As een blinde vir ’n ander blinde as gids wil optree, beland hulle al twee in die sloot.”
15Petrus vra Hom toe: “Verduidelik vir ons wat U bedoel het toe U gesê het mense word nie onrein deur wat hulle eet nie.”
16Hy sê vir hulle: “Verstaan selfs julle dit nog steeds nie? 17Begryp julle dan nie dat alles wat by ’n mens se mond ingaan deur jou maag beweeg en dan uit die liggaam gaan nie? 18Maar slegte woorde kom uit ’n slegte hart en maak die persoon wat hulle uitspreek, vuil. 19Wat uit die hart kom, is slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, ontrou te wees in die huwelik, onsedelikheid te bedryf, te steel, leuens te vertel en mense te belaster. 20Dit is hierdie dinge wat jou onrein maak. Om met ongewaste hande te eet, sal jou nooit onrein en onaanvaarbaar voor God maak nie.”
Die besondere geloof van ’n nie-Joodse vrou
21Jesus het van Galilea noordwaarts vertrek na die gebied van Tirus en Sidon. 22’n Nie-Joodse#15:22 Grondteks Kanaänitiese. vrou uit daardie omgewing het na Hom toe gekom en aanhou smeek: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my! My dogter is in die mag van ’n bose gees en hy teister haar verskriklik.”
23Maar Hy het Hom heeltemal doof gehou vir haar. Sy dissipels kom vra Hom toe: “Stuur haar tog weg. Sy hou nie op met tekere gaan al agter ons aan nie.” 24Hy antwoord hulle: “Ek is net gestuur na die afgedwaalde skape van die volk van Israel.”
25Sy kom val toe voor Hom neer en sê: “Here, help my tog, asseblief!”
26Maar Hy antwoord haar: “Dis glad nie reg om die kinders se kos weg te vat en dit vir die huishondjies te gooi nie.”
27Sy het daarop gereageer: “Dit is so, Here, maar selfs die huishondjies eet tog darem van die krummels wat van hulle base se tafel afval.”
28Daarop antwoord Jesus haar: “Vrou, jou geloof is baie sterk. Jou versoek word toegestaan.”
En haar dogter het dadelik gesond geword.
Jesus maak baie siekes gesond
29Jesus het daarvandaan vertrek en weer by die See van Galilea aangekom. Hy het toe teen ’n heuwel uitgeklim en daar gaan sit. 30’n Groot skare het met hulle verlamdes, blindes, kreupeles, stommes en nog baie ander siekes na Jesus toe gekom en hulle voor Hom neergesit. En Hy het hulle gesond gemaak.
31Die skare was verbaas toe hulle agterkom dat stommes praat, kreupeles gesond is, verlamdes rondbeweeg en blindes kan sien. En hulle het die God van Israel geloof.
Jesus gee kos vir meer as vierduisend mense
32Jesus het sy dissipels nadergeroep met die woorde: “Ek voel baie jammer vir hierdie mense, want hulle is nou al drie dae by My en hulle het niks om te eet nie. Ek wil hulle ook nie met leë mae wegstuur nie; anders beswyk hulle dalk van honger langs die pad.”
33Daarop sê sy dissipels vir Hom: “Waar sal ons in hierdie verlate wêreld genoeg brood kry om so ’n massa te voed?”
34Jesus vra hulle toe: “Hoeveel brode het julle?”
Hulle het geantwoord: “Sewe, en ’n paar vissies.” 35Jesus sê toe dat almal op die grond moet gaan sit. 36Toe neem Hy die sewe brode en die visse, bid om God se seën, breek die brood in stukke, en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels weer aan die skare.
37Hulle het almal geëet totdat hulle versadig was! Van die oorskiet van die brood het hulle nog sewe mandjies vol opgetel. 384 000 mans het van hierdie kos geëet, afgesien van al die vroue en kinders! 39Daarna het Jesus die skare huis toe gestuur, in die boot geklim en na die omstreke van Magadan vertrek.

Currently Selected:

MATTEUS 15: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy