YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 1

1
Die voorouers van Jesus, die Messiaskoning
1Hier volg die familieregister van Jesus Christus. Hy was die Seun van Dawid#1:1 Seun kan soms met nakomeling en pa soms met voorvader vertaal word. Seun van Dawid word in Matteus gebruik as ’n amptelike titel wat veral Jesus se ontferming oor mense wat swaarkry, beklemtoon, bv in 9:27; 12:23; 20:30-34., en uit die nageslag van Abraham.
2Abraham was die pa van Isak,
Isak die pa van Jakob,
Jakob die pa van Juda en sy broers.
3Juda was die pa van Peres en Serag
by Tamar.
Peres was die pa van Gesron,
Gesron die pa van Ram,
4Ram die pa van Amminadab,
Amminadab die pa van Nagson,
Nagson die pa van Salmon.
5Salmon was die pa van Boas
by Ragab,
Boas die pa van Obed by Rut,
Obed die pa van Isai,
6Isai die pa van koning Dawid.
Dawid was die pa van Salomo
by die vrou van Urija,
7Salomo die pa van Rehabeam,
Rehabeam die pa van Abia,
Abia die pa van Asa,
8Asa die pa van Josafat,
Josafat die pa van Joram,
Joram die pa van Ussia,
9Ussia die pa van Jotam,
Jotam die pa van Agas,
Agas die pa van Hiskia,
10Hiskia die pa van Manasse,
Manasse die pa van Amon,
Amon die pa van Josia,
11Josia die pa van Jojagin en sy
broers.
Teen hierdie tyd het die Babiloniese
ballingskap begin.
12Tydens die Babiloniese
ballingskap#1:12 Of Ná die wegvoering na Babilon. het
Jojagin die pa geword van Sealtiël.
Sealtiël was die pa van Serubbabel,
13Serubbabel die pa van Abihud,
Abihud die pa van Eljakim,
Eljakim die pa van Asor,
14Asor die pa van Sadok,
Sadok die pa van Agim,
Agim die pa van Elihud,
15Elihud die pa van Eleasar,
Eleasar die pa van Mattan,
Mattan die pa van Jakob.
16Jakob was die pa van Josef,
die man van Maria.
Sy was die ma van Jesus, wat die
Messias#1:16 Messias kan ook vertaal word: Christus. Christus is die Grieks vir Messias. Albei beteken gesalfde. genoem word.
17Daar was dus altesaam veertien geslagte van Abraham tot by Dawid; veertien van Dawid tot by die Babiloniese ballingskap; en veertien van die Babiloniese ballingskap tot by Jesus die Messias.
Jesus die Messiaskoning – sy herkoms uit God én uit mens
18Dit is hoe Jesus Christus gebore is: Maria, sy ma, was verloof aan Josef. Nog voor hulle getroud is en hulle intiem verkeer het, het dit geblyk dat sy verwagtend was deur die Heilige Gees. 19Josef, haar verloofde, was in ’n dilemma. Aan die een kant was hy ’n wetsgehoorsame man;#1:19 Die wet het vereis dat hy ’n klag teen haar moes gaan indien – vgl Deut 22. aan die ander kant wou hy haar die openbare skande spaar. Daarom het hy hom voorgeneem om die verlowing privaat te verbreek.
20Met hierdie dinge in gedagte het hy aan die slaap geraak. Daarop verskyn ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie. Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees. 21Sy sal aan ’n Seun geboorte gee, en jy moet Hom Jesus#1:21a Jesus beteken die Here red. noem, want Hy sal sy volk#1:21b Volk in Matteus verwys primêr na Israel. In wyer verband word uiteraard almal wat Jesus as Messias aanvaar, ook ingesluit. van hulle sondes red.” 22Dit alles het gebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom:
23“Die maagd sal swanger word!
Sy sal aan ’n Seun geboorte gee.
En die mense sal Hom
Immanuel noem.”#1:23 Jes 7:14; vgl 8:8, 10.
(Hierdie naam beteken: God is by ons.)
24Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het. Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem, 25maar hy het nie intiem met haar verkeer totdat haar Seun gebore is nie. En hy het Hom Jesus genoem.

Currently Selected:

MATTEUS 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy