YouVersion Logo
Search Icon

LEVITIKUS 21

21
Voorskrifte vir die priesters
1Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die priesters om hulleself nie onrein te maak deur aan die lyk van ’n familielid te raak nie, 2behalwe in die geval van ’n naby familielid – ma of pa, seun of dogter, broer 3of ongetroude suster wat afhanklik was omdat sy geen man gehad het nie. 4Hy mag hom nie ongeskik maak vir sy werk deur naby die lyk van ’n skoonfamilielid te kom nie.
5“Die priesters mag nooit hulle hare of die baard aan die kant van hulle gesig afskeer nie. Hulle mag ook nie snye op hulle liggame maak nie. 6Hulle is afgesonder vir God as heilig en mag nooit sy Naam oneer aandoen nie. Hulle is tog die mense wat die vuuroffer vir die Here bring en so aan God voedsel verskaf. Daarom moet hulle heilig bly.
7“Die priesters mag nie met vroue trou wat onrein is as gevolg van prostitusie nie. Die priesters mag ook nie trou met vroue wat geskei is nie, want priesters is vir God afgesonder as heilig. 8Julle moet hulle as heiliges behandel omdat hulle offers vir julle God bring. Ag die priesters as heilig, want Ek, die Here, is heilig en Ek maak julle heilig. 9As ’n priester se dogter ’n prostituut word en so haar pa se heiligheid onrein maak, moet sy verbrand word.
10“Die hoëpriester, oor wie se kop salfolie uitgegiet is en wat georden is om spesiale priesterklere te dra, mag nooit sy hare laat los hang of sy klere skeur om te rou nie. 11Hy mag homself nooit verontreinig deur naby ’n lyk te kom nie, selfs al is dit sy pa of ma. 12Hy mag nie die heiligdom van sy God ontheilig deur dit te verlaat om ’n begrafnis by te woon nie. Hy is immers deur die salfolie van sy God heilig gemaak. Ek is die Here.
13“Die hoëpriester mag net met ’n maagd trou. 14Hy mag nie met ’n weduwee, ’n geskeide vrou of met ’n vrou wat onrein is deur prostitusie trou nie. Sy moet ’n maagd uit sy eie stam wees 15sodat hy nie sy afstammelinge oneer aandoen tussen die lede van die stam nie, want Ek, die Here, het hom heilig gemaak.”
16Toe het die Here vir Moses gesê: 17“Vertel vir Aäron dat wat toekomstige geslagte betref, afstammelinge wat ’n liggaamsgebrek het, nie kwalifiseer om aan hulle God te offer nie. 18Niemand met ’n liggaamsgebrek mag My nader nie, of hy nou blind of lam of misvormd of gebreklik is, 19en of hy ’n gebreekte voet of hand het, 20of ’n boggelrug het of ’n dwerg is, of ’n oogdefek het of wat ’n etterende seer of skurfte aan sy vel het of wat beskadigde testikels het. 21Selfs al is hy ’n afstammeling van Aäron, diskwalifiseer sy fisiese gestremdheid hom om offers vir die Here te bring. Omdat hy ’n tekortkoming het, mag hy nie offer vir God nie. 22Hy mag egter van die kos eet wat aan God geoffer word, insluitende die heilige offers en die allerheiligste offers. 23As gevolg van sy fisiese gebrek mag hy nooit agter die voorhangsel ingaan of na die altaar kom nie omdat dit my heilige plekke sal verontreinig. Ek is die Here wat dit heilig gemaak het.”
24Moses het hierdie instruksies vir Aäron en sy seuns en vir al die Israeliete gegee.

Currently Selected:

LEVITIKUS 21: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy