YouVersion Logo
Search Icon

LEVITIKUS 2

2
Die graanoffer
1“As jy ’n graanoffer vir die Here bring, moet dit van die beste meel wees. Gooi olyfolie daarop en besprinkel dit met wierook. 2Bring hierdie offer na een van Aäron se seuns. Hy sal ’n hand vol van die meel gemeng met olyfolie neem en dit saam met al die wierook op die altaar verbrand. Dit verteenwoordig al die meel. Dit is ’n offer, met vuur gemaak en aangenaam vir die Here. 3Die res van die meel moet vir Aäron en sy seuns gegee word. Dit is ’n besonder heilige deel van die vuuroffers wat vir die Here gegee word.
4“Wanneer jy ’n graanoffer bring wat in ’n oond gebak is, moet dit bestaan uit die beste meel gemeng met olyfolie, maar sonder suurdeeg. Dit mag gebring word in die vorm van koeke gemeng met olyfolie of oliekoeke gesmeer met olyfolie. 5As jou offer ’n graanoffer is wat op ’n bakplaat gaargemaak is, moet dit van die beste meel en olyfolie wees, maar sonder suurdeeg. 6Breek dit in stukke en gooi olie daaroor. Dit is ’n graanoffer. 7Wanneer jou graanoffer in ’n pan voorberei word, moet dit ook van die beste meel en olyfolie gemaak word.
8“Ongeag hoe jy ’n graanoffer vir die Here voorberei het, bring dit vir die priester. Hy sal dit na die altaar toe bring. 9Die priesters sal ’n gedeelte van die graanoffer as verteenwoordigend van die res neem en dit op die altaar verbrand as ’n offer wat met vuur gemaak is en wat aangenaam is vir die Here. 10Die res van die graanoffer sal aan Aäron en sy seuns as kos gegee word. Dit is ’n besonder heilige deel van die vuuroffers wat vir die Here gegee word.
11“Moenie suurdeeg in enige van die graanoffers wat jy aan die Here bring, gebruik nie, want geen suurdeeg of heuning mag met ’n vuuroffer vir die Here verbrand word nie. 12Jy mag wel suurdeeg en heuning voeg by die offers wat met oestyd gebring word, maar dit mag nooit op die altaar verbrand word as ’n offer wat vir die Here aanneemlik is nie. 13Gooi sout op al jou graanoffers. Dit sal aan God se verbond herinner. Moet nooit vergeet om sout by jou graanoffers te gooi nie.
14“Wanneer jy vir die Here ’n graanoffer uit die eerste deel van jou oes bring, moet jou offer bestaan uit vars graan wat oor vuur gerooster is. 15Omdat dit ’n graanoffer is, moet jy olyfolie bygooi en wierook daaroor sprinkel. 16Die priesters sal ’n deel van die geroosterde graankorrels met die olyfolie en wierook neem as verteenwoordiging van die res en dit as ’n vuuroffer vir die Here verbrand.”

Currently Selected:

LEVITIKUS 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy