YouVersion Logo
Search Icon

JAKOBUS 2

2
Moenie mense volgens die uiterlike oordeel nie
1My broers en susters#2:1, 14 Grondteks My broers., hoe kan julle beweer julle glo in ons Here Jesus Christus aan wie die heerlikheid behoort, terwyl julle sommer so op die uiterlike af tussen mense diskrimineer?
2Gestel daar kom iemand in julle samekoms#2:2a Grondteks sinagoge. in met duur juwele#2:2b Grondteks goue ringe aan sy vingers. en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet. 3As julle dan ’n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: “U moet asseblief hier gemaklik kom sit,” maar vir die arm man sê julle: “Jy kan maar daar anderkant gaan sit,” of: “Kom sit hier op die vloer#2:3 Grondteks by my voete.,” 4sal julle nie toegee dat julle diskrimineer en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?
5Luister, my geliefde broers en susters#2:5 Grondteks geliefde broers.! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof nie? Is dit nie húlle wat die erfgename is van die koninkryk wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie? 6En tog beledig julle die arm persoon! Is dit nie juis die rykes wat julle onderdruk nie, en is dit nie húlle wat julle voor die hof sleep nie? 7Is dit nie juis hulle wat Christus, wie se Naam julle as Christene dra#2:7 Grondteks die edel Naam wat oor julle uitgeroep is., belaster nie?
8Julle doen inderdaad die regte ding as julle God se koninklike wet uitleef soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”#2:8 Lev 19:18. 9Maar as julle teen mense diskrimineer, doen julle sonde, want juis hierdie wet brandmerk julle dan as oortreders.
10Julle weet mos: iemand wat al die gebooie onderhou behalwe één, is net so skuldig as iemand wat ál die gebooie oortree. 11Want dieselfde God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.”#2:11 Eks 20:13-14. As jy dan nou aan jou huweliksmaat getrou is, maar tog moord pleeg, het jy mos al die gebooie oortree.
12Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde. 13Wie sonder ontferming optree, sal sonder ontferming geoordeel word. God se ontferming is sterker as sy oordeel.
Jou geloof moet dáde word
14My broers en susters#2:1, 14 Grondteks My broers., wat help dit as ’n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie? Só ’n geloof kan jou nie verlos nie. 15Sê nou jy sien ’n Christenbroer of -suster#2:15 Grondteks broer of suster. wat kos en klere nodig het, 16en jy sê: “Ek hoop dit gaan goed met jou; sorg dat jy warm aantrek en genoeg eet,” maar jy gee nie vir daardie persoon kos of klere nie. Wat help dit dan?
17Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks. 18Maar iemand sou kon redeneer: “Party mense het geloof, en ander het dade.” Ek sê: “Wys my jou geloof wat sonder dade is. Maar juis uit my dade sal ek jou my geloof wys.”
19Jy glo dat daar net een God is. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder, so bang is hulle! 20Jou dwaas! Soek jy ’n bewys dat geloof sonder dade dood is?
21Ons voorvader Abraham se geloof het dade geword: Hy het sy seun Isak op die altaar gelê en God het hom vrygespreek. 22Jy sien dus dat sy geloof gepaardgegaan het met sy dade, en die geloof uit die dade volmaak geword het. 23Dit het dus presies gebeur soos dit in die Skrif staan: “Abraham het tot geloof in God gekom, en God het hom vrygespreek.”#2:23a Gen 15:6. Hy is selfs “vriend van God”#2:23b Jes 41:8. genoem. 24Julle sien dus dat ’n mens óók op grond van sy dade vrygespreek word en nie net op grond van sy geloof nie. 25Ragab die prostituut is nog ’n voorbeeld. God het haar vrygespreek op grond van haar dade toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ’n ander pad laat wegkom het. 26’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is ’n lyk. So is geloof wat nie dade word nie, ook dood.

Currently Selected:

JAKOBUS 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy