YouVersion Logo
Search Icon

HOSEA 4

4
Die Here se regsaak teen Israel
1Volk van Israel, luister na die woord van die Here! Die Here het ’n regsaak teen die inwoners van die land. Hy sê: “Daar is geen getrouheid, goedheid of ’n intieme verhouding met God#4:1 Grondteks kennis van God. in julle land nie. 2Julle vloek en lieg, maak dood en steel, en pleeg egbreuk. Oral is daar geweld en bloedvergieting. 3Dis waarom die hele land verskrompel en kwyn van dors saam met al die inwoners, wilde diere en voëls. Selfs die visse beswyk.
4“Moenie julle vinger na iemand anders toe wys nie. Moenie die skuld op iemand anders pak nie! Die klag wat Ek lê, is teen jóú, o priester! 5Daarom sal jy helder oordag struikel, en die profeet saam met jou in die nag. Boonop sal Ek jou ma vernietig,#4:5 Grondteks Boonop sal Ek wees soos jou moeder. o Israel. 6My volk word verwoes omdat hulle My nie ken nie#4:6 Die woorde ken My nie beteken nie aan My toegewy is nie.. Omdat jyself dié kennis verwerp het, verwerp Ek jou as my priester. Omdat jy die voorskrifte van jou God vergeet het, sal Ek jou kinders vergeet. 7Hoe meer priesters daar is, hoe meer sondig hulle teen My. Ek sal hulle aansien in skande verander.
8“Die priesters verryk hulleself wanneer die mense hulle sonde-offers na hulle toe bring. Daarom is die priesters bly wanneer die mense sondig! 9Soos dit met die priesters gaan, so sal dit ook met die mense gaan: omdat die priesters sondig, sondig die mense ook. Daarom sal Ek sowel priesters as mense vergeld vir hulle bose dade. 10Hulle sal eet, maar nog honger bly. Hulle sal egbreuk pleeg, maar geen kinders hê nie omdat hulle die Here verlaat het om ander gode te dien.
11“Prostitusie, wyn en drank het my volk se denkvermoë verdof. 12Hulle vra ’n stuk hout om raad! Hulle dink ’n stok kan hulle adviseer! ’n Gees van losbandigheid, ’n hunkering na die afgode het hulle dwaas gemaak. Hulle het soos prostitute opgetree deur ander gode te dien. 13Hulle bring offers aan die afgode op die bergtoppe. Hulle bring wierookoffers op die heuwels en offer in die koel skadu van eike, populiere en ander groen bome.
“Dis waarom julle dogters prostitute geword het, en julle skoondogters egbreuk pleeg. 14Sal Ek nie julle dogters straf omdat hulle prostitute is en julle skoondogters omdat hulle egbreuk pleeg nie? Sekerlik sal Ek dit doen, want julle mans doen dieselfde deur met tempelprostitute te sondig. O dwase mense! So bewerk mense sonder verstand hulle eie ondergang.
15“As Israel soos ’n prostituut is, mag Juda nie ook skuldig word nie! O Juda, moenie die heiligdomme by Gilgal en Bet-Awen#4:15 Bet-Awen beteken Huis van skande en is ’n skeldnaam vir Bet-El (Huis van God). besoek om daar te aanbid nie. Moenie daar in die Naam van die Here ’n eed neem nie. 16Israel is so hardnekkig soos ’n koppige koei. Moet die Here hulle dan onbeskermd laat wei soos ’n lam in die veld?#4:16 Of Die Here sal haar buite laat wei sodat sy onbeskermd soos ’n hulpelose lam sal wees. 17Efraim se hart lê by die afgode. Laat hom met rus! 18Wanneer die manne van Israel klaar gedrink het, gaan soek hulle prostitute. Hulle passie vir skande is groter as dié vir eer.#4:18 Die grondteks van 4:17-18 se betekenis is onduidelik. 19Daarom sal ’n rukwind hulle wegwaai. Hulle sal in die skande kom oor hulle offers.”

Currently Selected:

HOSEA 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy