YouVersion Logo
Search Icon

HOSEA 1

1
1Die Here het die volgende boodskap aan Hosea seun van Beëri gegee. Dit was toe Ussia, Jotam, Agas en Hiskia na mekaar konings van Juda was en Jerobeam seun van Joas koning van Israel was.
Hosea se vrou en kinders
2Toe die Here begin het om met Israel deur Hosea te praat, het Hy vir hom gesê: “Gaan trou met ’n losbandige vrou#1:2 Die Hebreeuse woord hou verband met prostituut. Die probleem is egter dat sy dit eers later geword het., iemand wat mettertyd buite-egtelike kinders sal hê. Dit sal ’n sigbare beeld wees van hoe die land teenoor My, die Here, egbreuk pleeg deur ander gode te dien.”
3Hosea het toe met Gomer dogter van Diblajim getrou. Sy het swanger geword en vir Hosea ’n seun in die wêreld gebring. 4Toe sê die Here: “Noem die seun Jisreël, want Ek is op die punt om koning Jehu se koningshuis te straf as vergelding vir die moorde wat hy by Jisreël gepleeg het. Trouens, Ek gaan ’n einde maak aan die koningshuis van Israel. 5Dan sal Ek sy militêre mag in die Jisreëlvlakte vernietig.”
6Kort daarna het Gomer weer verwag en ’n dogter is gebore. Toe sê die Here vir Hosea: “Noem haar Lo-Rugama (‘Geen-ontferming’), want Ek sal My nie langer ontferm oor die volk Israel en hulle vergewe nie. 7Maar Ek sal aan die mense van Juda ontferming betoon as die Here hulle God. Ek self sal hulle bevry van hulle vyande sonder die hulp van wapens of militêre magte.”
8Nadat Gomer vir Lo-Rugama gespeen het, het sy weer swanger geword en ’n seun is gebore. 9Toe sê die Here: “Noem hom Lo-Ammi (‘Nie-my-volk-nie’), want Israel is nie meer my volk nie en Ek is nie meer hulle Verbondsgod nie.
10“Tog sal daar ’n tyd aanbreek dat Israel voorspoedig sal wees en ’n groot nasie sal word. Dan sal hulle wees soos die sand aan die see – te veel om getel te word. In plaas daarvan dat aan hulle gesê is ‘Julle is Nie-my-volk-nie’, sal gesê word ‘Julle is kinders van die lewende God’. 11Dan sal die inwoners van Juda en Israel verenig onder een leier, en hulle sal saam na die land toe terugkeer. Dit sal ’n besondere dag wees, die groot dag van Jisreël#1:11 Jisreël beteken God saai., wanneer God weer sy mense in sy land sal plant. 12Daardie dag sal julle julle broers noem Ammi (‘My volk’) en julle susters Rugama (‘Hulle wat ontferming ontvang het’).”

Currently Selected:

HOSEA 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy