YouVersion Logo
Search Icon

HEBREËRS 4

4
’n Blye vooruitsig vir hulle wat luister
1God se belofte dat ons sy rus kan binnegaan, staan nog steeds. Daarom moet ons oppas dat dit nie dalk blyk dat een van julle langs die pad agtergebly het nie. 2Want hierdie blye boodskap van ’n plek van rus het ons ook ontvang, net soos hulle. Dit het hulle egter niks gebaat nie omdat hulle die boodskap wat hulle gehoor het, nie geglo het nie#4:2 Grondteks nie met geloof vermeng het nie..
3Want net as ons glo, kan ons die rus binnegaan.
Ten opsigte van hulle wat nie geglo het nie, het God egter gesê:
“Daarom het Ek in my toorn
met ’n eed soos volg verklaar:
‘Hulle sal nooit my land van rus
binnegaan nie.’”#4:3 Ps 95:11.
Dit is ten spyte van die feit dat God se rusplek alreeds gereed staan van die skepping van die wêreld af. 4Ons weet dit is so, want die Skrif sê êrens van die sewende dag: “En God het op die sewende dag gerus van alles wat Hy gemaak het.”#4:4 Gen 2:2. 5In die ander gedeelte sê Hy weer: “Hulle sal nooit my land van rus binnegaan nie.”#4:5 Ps 95:11.
6God se plek van rus is dus beskikbaar, maar dié wat destyds die goeie tyding ontvang het, kon as gevolg van hulle ongeloof nie daar ingaan nie. 7Gevolglik het God weer ’n dag bepaal om sy rus binne te kan gaan. Daardie dag is vandag. God het dit aansienlik later deur Dawid aangekondig, naamlik:
“Vandag wanneer julle sy stem hoor,
moet julle nie julle harte verhard nie.”#4:7 Ps 95:7-8.
8Hierdie nuwe rusplek was nie die land Kanaän waarheen Josua die Israeliete gelei het nie. Anders sou God nie later van ’n ander plek van rus gepraat het nie. 9Daar wag dus nog ’n heel spesiale rus#4:9 Grondteks sabbatsrus. vir God se volk. 10Want almal wat in hierdie rus van God ingaan, sal self rus van hulle moeitevolle arbeid, soos God ook van sy eie skeppingswerk gerus het.
11Kom ons span dan alles in om daardie rus binne te gaan sodat niemand van ons dalk hulle slegte voorbeeld van ongehoorsaamheid volg en ook omkom nie.
Voor God en sy woord lê ons oop en bloot
12Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ’n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop.
13Voor God kan absoluut niks weggesteek word nie. Ons staan kaalgestroop en weerloos voor dié Een aan Wie ons verantwoording moet doen.
Ons Hoofpriester het verlossing vir ons bewerk
14Ons het dan nou ’n groot Hoofpriester wat deur die hemele beweeg het, Jesus die Seun van God. Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou.
15Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. 16Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God#4:16a Grondteks troon van genade.. Hy sal aan ons sy ontferming en genade#4:16b Of onverdiende goedheid. bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.

Currently Selected:

HEBREËRS 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy