YouVersion Logo
Search Icon

HAGGAI 1

1
Herbou die tempel!
1Op 29 Augustus#1:1 Grondteks Op die eerste dag van die sesde maand., in die tweede jaar wat Darius koning was, het die Here die profeet Haggai gebruik om ’n boodskap aan Serubbabel en Jesua oor te dra. Serubbabel, die seun van Sealtiël, was goewerneur van Juda, en Jesua, die seun van Josadak, was die hoëpriester.
2“Die Here, die Almagtige, sê: Die mense sê: ‘Die tyd het nog nie aangebreek om die huis van die Here, die tempel, te herbou nie.’”
3Die Here het toe deur die profeet Haggai die volgende boodskap gestuur: 4“Hoe kan julle in weelderige huise bly terwyl my huis ’n ruïne is? 5Die Here, die Almagtige, sê: Dink ’n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! 6Julle het baie aanplantings gedoen, maar die oes was maar skraal. Julle het nou wel kos om te eet, maar julle is nog honger. Julle het wyn om te drink, maar nie genoeg om julle dors te les nie. Julle het klere om aan te trek, maar dit is nie voldoende om julle warm te hou nie. Julle geld raak weg asof dit gebêre is in ’n broeksak met gate!
7“Die Here, die Almagtige, sê: Dink ’n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! 8Gaan haal hout op die heuwels en begin dan my huis herstel. Dit sal My tevrede stel en Ek sal voel dat julle My eer betoon, sê die Here. 9Julle het gehoop dat dit ’n goeie oes sal wees, maar dit was maar skraal. Die oes wat julle nog huis toe gebring het, het Ek weggewaai. Waarom? Omdat julle almal besig is om julle eie netjiese huise te bou en dit terwyl my huis in puin lê, sê die Here, die Almagtige. 10Dit is die rede hoekom daar nie dou uit die hemel kom nie en die aarde nie graan oplewer nie. 11Ek is verantwoordelik vir die droogte oor die weivelde en die heuwels. Dit is ’n droogte wat die graan, die druiwe, die olywe en al die ander graangewasse beskadig; ’n droogte wat julle en julle vee sal laat honger lei; ’n droogte wat alles waaraan julle so hard gewerk het, tot niet sal laat gaan.”
12Die profeet Haggai het die boodskap van die Here aan die mense oorgedra. Serubbabel, Jesua en al die mense wat in die land agtergebly het, het die boodskap van die Here hulle God gehoorsaam. Hulle het toe in alle erns die Here begin aanbid.
13Die Here se boodskapper Haggai het toe hierdie boodskap van die Here vir die mense gebring: “Ek is by julle, sê die Here!” 14Hierdeur het die Here die goewerneur Serubbabel en die hoëpriester Jesua, asook al die Here se mense wat in die land agtergebly het, baie entoesiasties gemaak. Hulle het na die huis van die Here, die Almagtige, hulle God gekom en daaraan begin werk. 15Dit was op 21 September#1:15 Grondteks op die 24ste dag van die sesde maand., die tweede jaar wat Darius koning was.

Currently Selected:

HAGGAI 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy