YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 7

7
Die vloedwaters oordek die aarde
1Die Here het vir Noag gesê: “Jy en jou gesin moet in die ark ingaan, want onder al die mense op die aarde is dit jy alleen wat opreg lewe. 2Jy moet ook sewe mannetjies en sewe wyfies van elke diersoort wat Ek goedgekeur het as geskik om te eet en te offer saamvat. Neem ook een mannetjie en een wyfie uit elk van die ander diersoorte. 3So ook moet jy sewe mannetjies en sewe wyfies van elke voëlsoort neem om hulle voortplanting op die aarde te verseker. 4Oor sewe dae sal Ek dit vir 40 dae en 40 nagte aanmekaar laat reën sodat alles wat Ek geskep het, van die aarde uitgewis word.”
5Noag het die opdrag van die Here uitgevoer. 6Hy was 600 jaar oud toe die vloed begin het. 7Hy, sy vrou, sy seuns en hulle vroue het aan boord gegaan om die vloed te oorleef. 8Saam met hulle was daar diere van alle soorte: dié wat geëet en vir offers gebruik kon word, dié wat nie daarvoor goedgekeur was nie, asook van al die voëls en ander klein diertjies wat op die aarde kruip. 9Hulle het in pare, mannetjies en wyfies, na Noag by die ark gekom net soos God vir Noag beveel het. 10’n Week later het die groot vloed losgebreek en die aarde oordek.
11Op die sewentiende dag van die tweede maand, tydens Noag se seshonderdste jaar, het die onderaardse waters oopgebars. Die reën het ook in strome begin neerstort 12vir 40 dae en nagte aanmekaar. 13Op daardie selfde dag het Noag en sy vrou, saam met sy seuns, Sem, Gam en Jafet, asook hulle vroue, aan boord gegaan. 14Saam met hulle op die ark was daar mak diere, wilde diere, klein kruipende diere, voëls en vlieënde insekte van alle soorte. 15Van alles wat leef, het twee-twee saam met Noag op die ark gegaan. 16Dit was mannetjies en wyfies soos God beveel het. Toe het die Here die deur van die ark agter hulle toegesluit.
17Dit het 40 dae lank gereën en soos die waters vermeerder het, het dit die ark hoog bokant die grond opgelig. 18Die water het al meer geword en al hoër gestyg en die ark het daarop begin dryf. 19Die water het selfs so hoog gestyg dat die hoogste berge op die aarde onder water was. 20Die water het tot byna sewe meter#7:20 Grondteks 15 el. bokant die hoogste berg gestyg. 21Alles wat op die aarde lewe, het vergaan – die voëls, mak diere, wilde diere, die klein kruipende diere en al die mense. 22Alles wat asemhaal op die droë grond het doodgegaan. 23Elke lewende wese op die aarde is uitgewis – mense, groot en klein diere en voëls. Hulle is almal dood. Net Noag en hulle wat saam met hom in die ark was, het oorleef. 24Die aarde was 150 dae lank onder water.

Currently Selected:

GENESIS 7: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy